Sakekamer-sake

 Sakekamer-sake

Gansbaai Courant

Sakekamerlede en gaste het op Maandag, 19 Oktober 2015 in die Toerismesaal bymekaargekom om etlike sake te bespreek. Voorsitter Kobus van Staden het die verwelkoming beharting, met Deon Kloppers wat gepas met Skriflesing en gebed geopen het, met die klem op “werk” en “samewerking”.

Die gasspreker, Inge Altona-de Klerk van White Shark Projects het onder andere oor die Mini Indaba in Hermanus op 27 Augustus 2015 terugvoering gegee. “Sowat 72 reisagente was teenwoordig en dit was ‘n groot bemarkingsgeleentheid vir die Overstrand,” het sy gesê. “Produk-eienaars was genooi om uitstallings in die Marine Hotel aan te bied wat behoorlik as ‘speed marketing’ bestempel kan word.”

Die aandete is in 3 verskillende restaurante in Hermanus en Stanford geniet. Van die reisagente het by verskillende gastehuise in Gansbaai oornag en is die volgende dag op besigtigingstoere geneem. Daarna het Murendiwa Dibibakwaone van Productivity South Africa ‘n kort, maar insiggewende aanbieding oor hul missie om verandering te bevorder om langtermyn en volhoubare besigheidsgeleenthede en werkskeppingsmoontlikhede daar te stel.

Enkele ander besprekings was onder andere: Terugvoer oor die AHI Kongres wat deur voorsitter Kobus van Staden en Hein van Wyk bygewoon is; die PACA; die verfraaiing van die dorp; Sekuriteit vir die dorp, soos voorheen volledig bespreek is, met Glenda Kitley wat gemeld het dat Gansbaai SAPD reeds fondse vir “flirs” ontvang het wat binnekort aangekoop sal word; LED, met Ally Msweli wat as toergids opgelei is en reeds toere in Masakhane aanbied; Gansbaai Toerisme wat steeds besig is met die uitrol van nuwe bemarkingsplanne, wat die bemarking van die nuwe teerpad insluit. Die afgelope Funky Fynbosfees is ook bespreek en word as ‘n sukses beskou, met moontlikhede van ander feeste in die dorp wat ook ondersoek word.

‘n Kort bespreking oor misdaad in die dorp en hoe om dit hok te slaan is ook bespreek. Kobus het weer eens die belangrikheid van sub-sakekamers, soos ‘n Junior Sakekamer beklemtoon. Die vergadering is met die geniet van smaaklike verversings deur Gansbaai OK Foods afgesluit.

Hardus Botha

 Sakekamer-sake

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant