Laat ons lewe met oorgawe en vertroue! GOD is getrou!

Laat ons lewe met oorgawe en vertroue! GOD is getrou!

Gansbaai Courant

“Laat ons tot GOD nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want GOD is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.

Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” (Heb 10:22-24) 

Lees gerus weer hierdie drie verse uit Hebreërs 10. Stap dan verder saam met my langs hierdie geloofspad.  Maak seker dat jy in die voetpad bly en nie afdwaal in die bos in nie. Jy mag in enige noodsituasie, probleem of krisis GOD met vrymoedigheid na GOD gaan. Hy wag om jou by te staan. Maar dan moet jy dit doen met volle geloofsekerheid – met ander woorde, omdat jy weet dat jy gereinig is deur die bloed van Jesus Christus. Nie net jou liggaam is skoon gewas nie, maar veral jou skuldige gewete oor alles wat jy in die verlede kon verkeerd gedoen het aan ander, aan jouself en teenoor GOD, is volkome vergewe.

Baie kere sukkel ons om op die geloofspad te bly omdat ons nie hierdie wonderlike waarheid oor ons verlossing volkome ons eie gemaak het nie. Ons bly twyfel of ons gered is, of ons glo nie GOD het al ons sondes vergewe nie. Dalk moet jy sommer nou, net daar, bely dat jy nie GOD voluit geglo het nie. Sy woord is waar. Hy het gesê: “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9) Dis só eenvoudig, doen dit net!

Die volgende stap volgens ons teks hierbo uit Hebreërs 10 is dat jy nou styf moet vashou aan hierdie hoop (die uitsien na die ewige lewe) want dit gee jou moed en krag wanneer alles rondom jou verkeerd loop. Saam met Dawid moet jy uitroep: “Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting!”  Ps 59:10. Romeine 12:12 verduidelik hoekom jy eintlik van blydskap moet dans oor die hoop: “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.” Hoop maak jou sterk in verdrukking (pyn) en vra dat jy volhard in gebed. Maar die belangrikste rede hoekom ons hierdie hoop moet koester is omdat GOD getrou is en altyd doen wat Hy beloof het (Lees weer Heb. 10:23)

Nou kom die heerlike opdrag aan jou en elke gelowige: “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” (Heb 10:24) Jy is gered! Jy is deel van GOD se wenspan! Jy is op pad na die ewige lewe! Hoekom dan nou stilsit en niksdoen nie? begin om jou mede-gelowiges te bemoedig, te versorg, te help in hulle nood en met liefde en goeie dade GOD se Koninkryk te bou! Kyk rondom jou. Daar is soveel geleenthede om GOD se werk op aarde te laat voortgaan. GOD is getrou. Doen jy jou deel!

Laat ons lewe met oorgawe en vertroue! GOD is getrou!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant