SuperSpar Chanel Vroueoggend

SuperSpar Chanel Vroueoggend

Gansbaai Courant

Whow, Awsome verby, Fantasties, Sielsverreikend, Spesiaal, Absoluut Stylvol, Goodybag my Word, Deftigste funksie, voel of ek in Sun City was, was van die terugvoer wat ontvang is vir hierdie jaarlikse vroueoggend hier op Gansbaai. Dit was ‘n oggend om te onthou. Die fondse is hierdie jaar aan Cancer Vive geskenk ‘n formidabele instansie wat soveel mense se lewens raak en verander en inligting deurgee aan onkundiges. Ons gebede is saam met elkeen van hierdie besonderse mense.

Hannes van Wyk was ‘n verrassing om Superspar Gansbaai se 10 jaar te vier en het hy menige vroue aan die huil gehad met sy stories oor hoe hy sy ma ervaar en hoe ons as vroue vir hom uitstaan bo alle ander mense en hoe kosbaar ons  vir ons kinders en ons families is en dat ons dit nooit moet vergeet nie.

Alison Botha het haar onbeskryflike ervaring 24jaar terug met ons kom deel en vir ons die ABC geleer wat haar lewe vir haar makliker gemaak het ATTITUDE, BELIEVE & CHOICE. Sy is ‘n merkwaardige vrou en wat sy ons vertel het, is weer eens ‘n bewys van hoe ons Hoër Hand na ons omsien. Tydens haar aanval wat sy met ons gedeel het, het sy tot die besef gekom hulle kan alles met haar doen “but one thing they can’t touch is the power of my brain.” Weer eens besef ons dat die lewe elkeen van ons daagliks beproef en dat ons elke dag moet leef asof dit ons laaste gaan wees en dat niks vir ons ontmoontlik moet wees nie. Sy het baie mense se lewens al verander en ek glo sy was vir vele van ons in die gehoor ‘n absolute inspirasie.

Die gaste is vermaak met Altus Theart wat nie net akteur is nie maar ook uitstekend kan sing. Wat ‘n absolute voorreg om hom hier te kon ontvang, hy was soos koue water op ‘n warm dag net so fantasties.

Al die vrouens het ‘n geskenkpak ontvang en nog geskenkies om huis toe te neem. ‘n Driegangmaaltyd, wat voorberei was deur Yolanda Liebenberg (sy mag maar kosmaak), ‘n oggend wat beslis elke sent die moeite werd was en glo ek om elkeen weer volgende jaar vir nog ‘n wonderlike en inspirerende vroueoggend te sien. So ‘n funksie neem maande se beplanning en voorbereiding tot nog die oggend van die funksie en wil ek graag die volgende bedank.

Dankie is maar ‘n klein woordjie en nie blomme, kaartjies of geskenke kan verduidelik van my dankbaarheid teenoor elkeen van hierdie mense nie. Elke jaar met hierdie funksie  is hulle deel van ons raamwerk wat mens sommer net nie op ander dorpe vind nie.

Die ondersteuning, opoffering en lojaliteit teenoor die saak is vir my 'n riem onder my hart en staan ek ongelooflik dankbaar teenoor elkeen van hulle: Gansbaai Superspar, Spar-DC Wes Kaap, Coca-Cola, JC le Roux, Henties, Eagles Cliff Wynmakers, Quilly Sappe, Ilse Kloppers, Michael Geldenhuys, Function for Hire, Melodrama, André Hage, NG Kerk, Amanda de Vries (Franskraal B&B), Leon Carstens, 65 on Cliff, Engen Hermanus, Kantoorpersoneel van Spar, Sanchia Chivell, Golfklub, Gr 6,8,9 meisies van Laerskool Gansbaai & Hermanus Hoërskool, Darling Sappe en Yolanda Liebenberg. My fantastiese 3 dogters, my man, Morkel en Chris Linnert, my wonderlike regterhand.

Sien julle volgende jaar vir nog ‘n groter oggend.

Chrizulene van Niekerk                                     Foto's Sanchia Chivell

SuperSpar Chanel Vroueoggend

Chrizulene van Niekerk / Collage Monica Hayes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant