‘n Uitsonderlike aas

‘n Uitsonderlike aas

Gansbaai Courant

Daar moet baie mense wees wat al deur ‘n vis gebyt is. ‘n Snoekbyt is een voorbeeld  --  met daai tande kan dit groot probleme veroorssaak en dit sal wys wees om daardie kake liewer te vermy.

Veral met die breek van sy nek is die nodige tegniek ‘n vereiste. Daardie kiewe van hom sal, indien jou vingers daarin beland, dit behoorlik gevange hou, en die weerhakies is die oorsaak daarvan. Toe ons vroeër jare elf in die nette gevang het was die kans groot dat jy gebyt gaan word as jy nie versigtig is met die uithaal van die vis uit die net nie. Gewoonlik aan die binnekant van jou hand, net onder die duim.

Daar was ook al baie stories oor die rooisteenbras. In sommige gevalle is die haaie die skuld gegee wanneer ‘n boot in die moeilikheid is en die mense in die see beland en dan deur visse aangeval word. Dit word vertel dat die drenkelinge die prooi gewees het van juis die rooisteenbras en nie haaie nie. Dis wel net ‘n aanname.

Beskou bietjie die silwervis. Selfs die kleintjies het geweldige tande en baie stewige kake.Toe ek nou die dag hierdie vis op die dek vasdruk om die hoek te verwyder het die gedierte sy kans waargeneem om ‘n goeie hap in te kry. Of dit nou was uit noodweer, en of hy nog honger was was nie duidelik nie. Maar toe hy sy bek toeklap hang hy aan my hand en ek lig hom toe so entjie op  --  maar ta hou! Somtyds, om die hoek uit sy bek te kry kan jy jou mes dwars in sy bek hou en dan ‘n tangetjie gebruik. As hy jou egter onverhoeds vang, is dit te laat! Ek moes sy nek breek (klink wreed, nê) maar ek hou van vyf vingers per hand en ek moes daardie hoek uitkry. Wat gaan gebeur as jy in die water val en in ‘n skool van hierdie vis beland? Amper ‘n piranha-aanval. Wel, die grotes word normaalweg so tussen 40 en 50 meter diep gevind en ‘n mens swem vrywillig onwaarskynlik so diep.

Ek dink darem waarom sommige visse byt is bloot omdat jou hand so naby sy bek is en hy maar sy kans vat. Bowendien is daar mos lekkerder aas as ons!! Miskien moet mens met die swemmery in vlakker water hou. Dis alles feite maar ek dink nie daar is werklik ‘n gevaar nie. Wel, ek hoop nie so nie.

Groete, Seemeeu

‘n Uitsonderlike aas

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant