Pretstap vir Borskanker

Pretstap vir Borskanker

Gansbaai Courant

 “Die  Pretstap ten bate van die Reik na Herstel Borskanker Ondersteunings Organisasie langs Franskraal se kus wandelpad op 15 Oktober 2015, is goed bygewoon en al die deelnemers het dit baie geniet,” sê Annaleen Genade, plaaslike Vrywilliger van Reik na Herstel en organiseerder.

“By die halfpadmerk, Franskraal parkeerarea, het die deelnemers water en chomps ontvang.” Annaleen sê almal het na afloop van die pretstap gesellig met koffie/tee en muffins in die Franskraal Rolbalklubsaal verkeer. Die gebruiklike gelukkige prystrekkings is ook daar gedoen. Annaleen het die deelnemers meer vertel oor wat die Organisasie gratis aan Borskankerpasiënte gee, asook agtergrondgeskiedenis van hulle Ditto-projek (subsidies vir prostheses). Sy het die belangrikheid van maandelikse selfondersoeke, mans en vrouens, in haar gesprek beklemtoon.

Annaleen rig graag die volgende bedankings vir ondersteuning deur middel van donasies en geskenkbewyse: Aqua Angel Minerale Water, Corra’s Klerewinkel, Chicken Land, Gansbaai Book Exchange, Gansbaai Superspar, Franskraal Mini Market, Komtessa Klerewinkel, Hair Style Studio, Cee Sport & Surf, Wimpy Gansbaai, Protea Flora Bloemiste, Bon Bon Material, asook Franskraal Rolbalklub wat hul saal beskikbaar gestel het.

“Dankie ook aan die twee verkeersbeamptes wat gesorg het dat ons veilig op die roete is en Gansbaai Courant vir foto’s en berigte,” het sy gesê. Vir meer inligting oor hierdie kosbare organisasie kan hulle webtuiste, www.reachforrecovery.org.za besoek word.

Annaleen kan by 028-388-0477 of 072-523-0650 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annaleen.genade@gmail.com.

Hardus Botha

Pretstap vir Borskanker

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant