Strandskloof is GOUD

Strandskloof  is GOUD

Gansbaai Courant

 “Ons het eers gedink dit is ‘n ‘scam’, maar toe ons bevestiging kry dat ons die wenners is, was ons oorstelp van vreugde,” vertel Isabel Fourie van Strandskloof Karavaanpark. Die geleentheid was Discount Traveler en Sanlam se Top Destination Awards op 29 Oktober 2015 in die Walled City in Ratanga Junction. ‘n Pragtige trofee, ‘n goue sertifikaat, R32,000 se reklame per wenner op Discount Traveler se verskeie platvorms, asook ander pryse is aan hulle oorhandig.

Die eienaars van Strandskloof Karavaanpark, Tot en Isabel Fourie, asook Anje Badenhorst (Administrasie), het die prestige geleentheid bygewoon. Uit ‘n totaal van 2,400 van alle kategorieë genomineerdes landswyd, is 240 finaliste genooi om die geleentheid by te woon. In die katergorie Karavaan en Kampering, was daar 11 finaliste - met Strandskloof Karavaanpark wat loshande as die wenner bekroon is.

Die aanwysing van genomineerdes word landswyd deur die publiek gedoen, wat dit ‘n groot eer maak om as wenner uit die stryd te tree - nogal vir Gansbaai wat onlangs met die een goue-wenner na die ander op toerisme-gebied gespog het. Tot en Isabel het die karavaanpark 5 jaar gelede op 1 September 2010 amptelik geopen. Intussen het etlike verbeterings bygekom en die karavaanpark is werklik ‘n lus vir die oog.

Hulle is vir 50 staanplekke en twee selfsorgeenhede goedgekeur, met puik en netjiese fasiliteite soos onder andere: 2 koue swembaddens en een verhitte swembad, mini-gholfbane en vlugbal, met vele bykomstige vermaak gedurende vakansieseisoene. Die terrein vertoon pragtig en groen, met verruklike see-, landskap- en berguitsigte. “Ons beplan ‘n spesiale feesnaweek in Februarie 2016 vir ons kampeerders om hierdie prys te vier,” sê Isabel. “Terselfdertyd wil ons almal bedank vir die ondersteuning, maar veral ook ons eie werkers waarsonder hierdie groot eer ons nie te beurt sou geval het nie. Dan het ons ook ‘n spesiale maandtarief vir pensionarisse.”

Vir navrae en/of besprekings kan Anje Badenhorst by 082-721-4381 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan die span by strandskloofpark@omail.co.za. Hul webtuiste is www.strandskloofpark.co.za.

Hardus Botha

Strandskloof  is GOUD

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant