Rolbalnuus (5 Nov 2015)

Rolbalnuus (5 Nov 2015)

Gansbaai Courant

Op 27 Oktober 2015 het Franskraal Rolbalklub 'n ope toernooi vir spanne wat bestaan uit 3 dames aangebied. 

Die getal inskrywings moes beperk word weens die opgradering van die A-perk, maar die B-perk was ten volle benut deur 14 spanne wat ingeskryf het, nl. 4 elk van L’Agulhas en Hermanus en 6 van Franskraal.  Dit was nogal 'n kleurvolle gesig aangesien die dames almal pienk hemde gedra het om hulle ondersteuning vir kankernavorsing te toon.  Die weer het mooi saamgespeel en na al die voorafgaande onweersdae was die weer eintlik baie goed en het die spelers die dag regtig geniet.

Me Christie Groenewald het die dag geborg soos sy reeds baie jare doen.  Sy kon egter weens persoonlike omstandighede nie teenwoordig wees nie, maar het haar goeie wense telefonies oorgedra. Franskraal Rolbalklub is dankbaar vir haar voorgesette ondersteuning.  Soos tydens elke vorige damesdag was die mans van die klub op hulle stukke om die dames te bederf met 'n aantreklike en smaaklike middagete en ander versnaperings. Die kroegmanne het ook gesorg dat die dames nie dors word nie.  Al die reëlings wat deur so 'n toernooi nodig is, is op voortreflike wyse deur die verantwoordelike mans getref en die dag het glad verloop.

Nadat 'n aantal kleiner pryse uitgedeel is, het die Wedstryd-sekretaris die wenners onder van die volgende skippers aangekondig, nl.

3de plek – Amanda Meyer – Hermanus

2de plek – Rosa Cloete – Hermanus

1ste plek – Ina Trollip – L’Agulhas

Dankie aan al die deelnemers. 

Volgende jaar maak ons weer so!

Pieter Conradie, President, Foto verskaf

Rolbalnuus (5 Nov 2015)

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant