Koeël is deur die vis

Koeël is deur die vis

Gansbaai Courant

Met die Birkerhead Boothengelklub se laaste boothengelkompetisie vir 2015 op 31 Oktober 2015, is die koeël nou deur die “vis” wat betref die jaar se kampioene. 4 bote het ingeskryf en 3 het ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 15 wat deelgeneem het, waarby 2 juniors ingesluit was.

7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 70 met 'n totale massa van 54.8kg, wat ‘n gemiddeld van 3.65kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Ben Uys (Silvervis - 2.95kg); 2de swaarste vis, Boetie Wessels (Rooi Roman - 2.1kg); swaarste sak (10.2kg), Ben Uys; 2de swaarste sak (8.1kg), Danie Fourie; swaarste bootgemiddeld (7.93kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (2.75kg), Liro van De Wet Gilliomee; Junior Swaarste sak (7.15kg), JP Uys (Jnr). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (57.23kg), Oupa van Ben Uys (40.65kg), Relêks 2 van Jean Downing (36.98kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (60.59kg), Philip Fourie (56.85kg); Ben Uys (45.65kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (19.75kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (40.6kg), Hennie Groenewald (31.2kg). Nou-ja, nou kos dit nie veel dinkwerk om te wonder oor die trofeë tydens die jaareindfunksie nie. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 Desember 2015 geskeduleer, wat dien as die eerste kompetisie vir 2016.

Die Birkenhead Boothengeklub se Algemene Jaarvergadering sal op Vrydag, 13 November 2015 om 19:00 plaasvind, met die Jaareind- en Prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 14 November om 19:00. Klub- en Jaareindnavrae kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Koeël is deur die vis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant