Vrouediens en Onvervulde Drome

Vrouediens en Onvervulde Drome

Gansbaai Courant

Die NGK se Vrouediens Kommissie het hul jaar met “Onvervulde Drome” afgesluit. Dit is nou nie met verwysing na hulle jaar se werksaamhede nie, maar dit was die gasspreker, Piet Scoombie se tema vir die byeenkoms.   

Die geleentheid is onder leiding van Stienie Geldenhuys, Christelle Wiese en Adele Swart deur die De Keldersstreek se dames gereël en aangebied. Die prag-versierde saal was volgepak met sowat 100 dames, asook twee dorings, die gasspreker en ds Dirk van Dyk. Drie jonge Gr 7 dametjies van Laerskool Gansbaai, al drie prefekte, het vir puik voordragte gesorg: Fiona Fourie, Hoofdogter (Monoloog), Mia Hughes (Engelse voordrag) en Goldien Wolfaardt (Afrikaanse voordrag). Die dametjies het hulself goed van hul take gekwyt. Smaaklike southappies en vrugteslaai met roomys is voorgesit en Stienie sê sy is dankbaar dat die geleentheid suksesvol afgeloop het. Stienie bedank graag vir Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar en Lekkerbek vir hul bydraes en borgskappe wat tot die sukses van die aflsuitingsfunksie bygedra het.

‘n Nuwe Bestuur (2016) vir die Vrouediens Kommissie vir al die streke is tydens die geleentheid verkies, waaroor later verslag gedoen sal word. Piet Schoombie se interessante aanbieding van “Onvervulde Drome” is goed deur die dames ontvang. “Ek het op hierdie onderwerp besluit omdat ek vermoed dat vele hedendaagse mense, ook julle wat hier sit, met allerhande onvervulde drome worstel en wroeg,” het Piet gesê. “Drome wat julle heimlik vertroetel, koester en gereeld oor nadink, maar wat onvervuld is weens werksverpligtinge, kinderopvoeding, huishoudelike verantwoordelikhede, onvoldoende finansies, swak gesondheid en veel meer.”

Hy het gesê hy beskou dit as ‘n vorm van ingesteldheid wat in 6 woorde saamgevat kan word: “Dit is nooit te laat nie.” Hy het hierdie siening met enkele Bybelse waarhede en -voorbeelde geïllustreer. “Hierdie voorbeelde illustreer duidelik dat, waar ons Hemelse Vader in beheer is, is niks ooit te laat nie.” Hy het ook enkele wêreldleiers (mans en vrouens) as voorbeelde gebruik, ingesluit Nelson Mandela se geskiedenis.

Piet het ook sy eie geskiedenis aan die dames voorgehou, met sy “onver-vulde skrywersdroom” wat hy wel op 68-jarige ouderdom kon vervul.   

Hardus Botha

Vrouediens en Onvervulde Drome

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant