Rolbalnuus (12 Nov 2015)

Rolbalnuus (12 Nov 2015)

Gansbaai Courant

Franskraal Rolbalklub het op 7 November 2015 ʼn toernooi aangebied wat geskeduleer was om ‘n mans driespel ope toernooi te wees.  Slegs een span van elders, naamlik die van Janes le Grange van Hermanus, het ingeskryf.  Die gevolg was dat agt spanne mans van Franskraal ingeskryf het. Dit was egter nog nie voldoende om die perk vol te maak nie.  Toe die dames van Franskraal hiervan hoor, het hulle dadelik drie spanne ingeskryf.  Dit is nou lojaliteit en wonderlike samewerking in belang van die klub.  Dankie dames!

Die verrigtinge het vlot verloop en die weer het gesorg vir goeie spel met slegs ʼn ligte wind om dit aangenaam te maak.  ʼn Smaaklike middagete wat deur die dames voorgesit is, het alles mooi afgerond.

Die borg was Omega Ondernemings wie se eienaar, Kobus van Staden die pryse aan die wenners oorhandig het.  Me van Staden was ook teenwoordig.  Baie dankie Kobus, asook vir jou bemoedigende woorde na die prysuitdeling.

Die wenners was Janes le Grange en sy span, Andy MacKae en Bryan Higgo. ʼn Damesspan bestaande uit Kim Breach, Kay Puttick en Marlene van der Walt het die ander mans gewys waar Dawid die wortels begrawe het deur in die tweede plek te eindig.  Welgedaan!

Pieter Conradie, President

Rolbalnuus (12 Nov 2015)

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant