Die goeie en die slegte tye

Die goeie en die slegte tye

Gansbaai Courant

Die man wat daarop uit is om met ‘n boot vis te vang moet ook bereid wees om so nou en dan te waag met die see-toe-ganery. Wanneer jy lees watter kanse daar gewaag word met die springgety wat soms met vreeslike seestrome gepaard gaan, wonder jy hoe ver sommige mense bereid is om te gaan. So maklik kan die genot van ‘n boot jou verbygaan indien jy jou net vereenselwig met ‘n rowwe see.

Daar is mos die lekker tye ook  -- dis nou ‘n kalm see en as’ t ware geen risiko verbonde daaraan nie. Dink maar aan die kleinkinders wat die dag saam see toe gaan en hoe hulle die dag geniet. Vergeet bietjie die feit dat dit gewoonlik nie die ideale viswater is nie en die kans dan ook gewoonlik skraal is om ‘n vissie aan te keer. Dis dan wanneer die kinders jou aandag opeis en jy maar geduldig lyntjies regmaak en kort-kort ‘n ander sinkertjie moet aansit. Dan is daar die geselstye  --  daar is mos net nie ordentlike tyd by die huis daarvoor nie. Somtyds word die geleentheid geskep om geheimpies te deel en jou kinders vertel op hulle beurt  die een of ander wat maar meerendeel ‘n gesukkel afgee. Op see gaan dit makliker. En vang ‘n vissie  --  sommer ‘n ou kleintjie sal doen!

Wat is beter as om jou vrou ‘n slaggie saam see toe te neem? Hou maar by die kalm water!

 En natuurlik verskil die genot wat jy put uit so ‘n bootrit met die wat gewoonlik op jou wag indien jou  fokus lê op hengel. Dis wanneer jy vroegoggend al op pad is en die wedervaringe ook hemelsbreed verskil van daardie “kalm” dag op see. Dis nie dat daar altyd ‘n kwaai see op jou wag nie en kalm water beteken ook nie altyd ‘n visloos see nie. Somtyds het jy nogal ‘n stiltetyd nodig om weer perspektief te verkry. Dis gedurende hierdie tye dat jy alles om jou opnuut waardeer en die samesyn met jou medehengelaars word iets om te waardeer. By tye word daar goed gesels wat bedoel is om net daar te bly en dis dan ‘n goeie idee “om nie uit die boot uit  te praat nie!” Die rowwe tye is daar natuurlik ook en dis dan wanneer jy die slegte teen die goeie vergelyk en daar weer waarde aan alledaagse dinge geheg word.

Altyd lekker op die see.

Die vangste was maar wisselvallig die laaste paar dae met oor die algemeen min vis wat ingebring is en tog is daar ‘n bak of twee hotties wat dit nie gemaak het nie. Die kabeljou is besig om op te warm maar daar is dit ‘n kwessie van aanhouer wen.

Groete, Seemeeu

L.W. Die kreefseisoen open weer op 15 November.

Onthou van die beperkings.

Die goeie en die slegte tye

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant