Kat se Langverwagte oomblik

Kat se Langverwagte oomblik

Gansbaai Courant

“Nouja, my langverwagte oomblik het aangebreek,” was Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, se eerste opmerking tydens ‘n Wykskomiteevergadering vir Wyk 2. Sy opmerking het na Gansbaai se Wêreld Goue oomblik verwys, waarvoor hy ‘n geselligheid by die munisipaliteit gereël het. “Dit is hard om te glo Gansbaai is die beste toerisme-bestemming ter wêreld, maar dit is ook nie net ‘wat gesien kan word’ nie, daar is ook ‘n hardwerkende span agter dit alles.”

Rdl Riana de Coning het op haar beurt Gansbaai Toerisme, Grootbos Private Nature Reserve en Dyer Island Conservation Trust se Marine Dynamics en African Penguin & Seaberd Sanctury van harte gelukgewens. Sy het die volgende voorgelees: “Gansbaai is like an oyster that the local fishermen have opened only to discover a pearl inside - but that they then go on to share with all the world….Tourism grows, crops grow, communities grow in Gansbaai….With many new pearls just waiting to be discovered.” Rdl Dudley Coetzee het historiese agtergrond van Gansbaai verskaf en daardeur gedemonstreer hoe Gansbaai oor jare heen gegroei en geblom het totdat dit nou in ‘n wêreldklas-dorp ontwikkel het. Nadat Gansbaai gedurende April met goud as die “Best Destination for Responsible Tourism”, asook die Algehele Wenner in Afrika bekroon is, is Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme na London, Engeland.

Daar is Gansbaai as eerste in die wêreld met goud bekroon tydens die World Responsible Tourism Awards in die Wêreld Handelsentrum in London. Grootbos Private Nature Reserve is met silwer bekroon. (Gansbaai Courant, Donderdag, 12 November 2015). Nadat die formaliteite afgehandel is, het Kat die sjampanje bottels se proppe laat klap. Hy het ‘n heildronk op Gansbaai as ‘n wêreldklasdorp ingestel, asook met verwysing na vele ander instansies wat daartoe bygedra het. Daarna is verversings geniet, met ‘n gesellige en opgewonde saamkuier ter viering van ‘n enorme groot oomblik vir Gansbaai as die Beste Verantwoordelike Toerisme-bestemming ter wêreld.

Hardus Botha

Kat se Langverwagte oomblik

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant