Gelukkige werknemers

Gelukkige werknemers

Gansbaai Courant

Gansbaai Marine in Gansbaai hawe is reeds vir etlike jare bekend vir tevrede en gelukkige werknemers, anders sal daar nie jaarliks sertifikate vir etlike jare diens oorhandig word nie.

Vanjaar se oorhandigings is deur Neville Titus, direkteur waargeneem, met Hennie Ritter, rekenmeester wat hom ondersteun het.

Die volgende pragtige geraamde langdienssertifikate is aan 9 werknemers oorhan-dig, wat die stelling van gelukkige en tevrede personeel bevestig: 25 jaar diens - Elizabeth Sauls en Lorna Damon; 10 jaar diens - Dina Constince, Joanie Fortuin, Le Andra Claassen, Macro Sauls, Melvin Tobias, Nosintu Nacongolo en Quinton Sauls.

Gansbaai Marine vervaardig ingemaakte vis en produseer ook vismeel en visolie. Die maatskappy is ‘n groot werkverskaffer in die Overbergstreek, met 475 werkers en 80 aktiewe vissermanne by Gansbaai Pelagies Vissers Beperk wat help met die vang van pelagiese vis. Die maatskappy lewer ook ‘n belangrike bydrae tot die plaaslike ekonomie en hawe-gebied self. In die 2014 finansiële boekjaar het Gansbaai Marine R47, 4m aan werknemers en vissermanne aan salarisse en lone uitbetaal, R29,2m aan Gansbaai besighede en R3,9m aan die Munisipaliteit.

Ná die oorhandigings van langdienssertifikate is die groep getroue werknemers met verversings bederf, waarna hulle weer met hul daaglikse werk voortgegaan het, hopelik vir ‘n verdere 10 jaar en 25 jaar.

Hardus Botha

Gelukkige werknemers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant