Singende afsluiting

Singende afsluiting

Gansbaai Courant

Gansbaai NG Kerkkoor het hul jaarafsluiting soos gewoonlik al singende en gevul met humor en gesellige samesyn afgesluit. Die voorsitter, ds Stoney Coetzee het etlike bedankings, met spesiale verwysing na Alette Lochner (koorleier) en Annelene Reinke (begeleier - klavier en orrel), voorgehou en ook blyke van waarderings aan enkele lede oorhandig. Hennie Lochner het ‘n bos van 12 rooi rose, “een vir elke maand”, aan Aletta oorhandig.

Die groep het gesellig saamgekuier, met Annelene wat na ete haar trekklavier uitgehaal het vir ‘n koorafsluiting in eie reg! Sedert ek in 2006/2007 met die Gansbaai NG Kerkkoor kennis gemaak het, sing daar al sewe van ons lede in die hemelse kore,” vertel Aletta. “Aangesien elke koorlid uniek is en ‘n spesiale plekkie in die koor het, was hulle heengaan ‘n verandering en aanpassing vir die res van die koor.” Aletta sê iemand het op ‘n keer gesê “net die goeie mense sing”, maar sy verander dit na “sing maak jou ‘n beter mens”.

“Sing dan met die stem wat die Vader aan jou gegee het, al is dit effens ‘bo’ of ‘onder’ die noot, Hy sal nie omgee nie.” Maar sy voeg by dat, indien dit wel ‘op’ die noot is, kan nuwe lede volgende jaar gerus by hulle aansluit. “Ons vorm só ‘n hegte familie in die koor wat mekaar se laste help dra, maar ook só vol humorsin – amper te veel van laasgenoemde!” sê Aletta. “As dit moontlik is, hou ‘n lied in jou hart, ook vir die Kersgety en die Nuwe Jaar.”

Hardus Botha

Singende afsluiting

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant