Fotograwe gaan ook rus

Fotograwe gaan ook rus

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se fotograwe gaan ook rus, maar hopelik nie hulle kameras nie. Daarvoor is daar nog te veel wat gedurende Desember op hulle wag: Kersliggies aanskakeling, Kersmark, Kersdag, Ou- en Nuwejaarsdag en vele feestelike gebeure gedurende die feesseisoen wat die kameras sal laat aanhou flits. Nietemin, die klub het onlangs hul jaarafsluitingsfunksie te Groeneweide in die vorm van ‘n gesellige bring-en-braai gehou.

Daar is gesellig saamgebraai en gekuier met die eienaars wat seker gemaak het almal geniet dit terdeë by hulle netjiese en goed ingerigte restaurant- en buite-area te Groeneweide. Voorsitter Riaan Jacobs het die lede vir hul goeie samewerking gedurende die jaar bedank en ook enkele blyke van waarderings oorhandig: Deon en Linda Kloppers vir die gebruik van o.m.G.e.e. Bedieninge se lokaal en Hardus Botha (Gansbaai Courant) vir gereelde beriggewing.

‘n Baie spesiale oorhandiging is aan Veronica du Plessis gemaak vir haar onbaatsugtige ywer waarmee sy etlike klubsake gedurende die jaar behartig het. “Sy is die een wat eintlik al my werk as voorsitter gedoen het,” het Riaan gesê. Veronica en haar eggenoot, Marc was ook verantwoordelik vir die netjies-versierde tafels waarby die lede kon aansit.

Lesers kan gerus van Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, www.gbpc.co.za, kennis neem.

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.

(Foto’s: Jane Bailey)

Hardus Botha

Fotograwe gaan ook rus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant