Kersmark om die draai

Kersmark om die draai

Gansbaai Courant

Die NG-gemeente van Gansbaai se jaarlikse Kersmark open op Donderdag, 10 Desember 2015 om 09:00 in die Pretoriussaal. Dit sal daagliks, uitgesluit Sondae, vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees. Op die Vrydagaande van 11 en 18 Desember sal dit tot 20:00 oop wees sodat ‘n aandmark geniet kan word. Gansbaai Courant se Dagboek kan vir die presiese tye geraadpleeg word.

Vanjaar se tema vir die mark is Gansbaai en omgewing se blomme en fynbos, asook ‘n pragtige kwilt van Olga Swanepoel en haar span as fokuspunt teen die agterkant van die verhoog. “Ons poog jaarliks om enkele nuwe uitstallers die geleentheid te bied en vertrou dat daar iets na elkeen se voorkeure te koop aangebied sal word,” sê Linda Cilliers, organiseerder saam met haar eggenoot, Thys.

Francia van Dyk en haar span sal weer vir die restaurant verantwoordelik en vanjaar se restaurant-winste gaan aan Gansbaai Maatskaplike Dienste vir die kostes van hulle Administratiewe Beampte. Naas vele stalletjie-items wat as die ideale Kersgeskenke aangekoop kan word, sal daar ook meer as genoeg lekkernye soos smaaklike etes, nagereg, koek, tert, drinkgoed en veel meer op die verhoog-restaurant aangebied word. 

“Wees verseker van ‘n klompie genotvolle en interessante inkopie dae - kom loer gewis in en niemand sal teleurgesteld huiswaarts keer nie,” sê Francia. Navrae kan aan die NGK se kerkkantore by 028-384-0510 gerig word.

Hardus Botha

Kersmark om die draai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant