Silwerjare Kersete

Silwerjare Kersete

Gansbaai Courant

Dit was weer dié tyd van die jaar wat die NG Vrouediens se Uitreikaksie onder leiding van Elcine Hulme vir ‘n gesellige Kersete vir Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum gesorg het. Hierdie jaarlikse optrede van hulle sorg telkens vir groot opgewondenheid waarna die bejaardes uitsien.

Vanjaar het hulle vir Lynette van Wyk betrek met ‘n groepie van 4 volwassenes en 4 kinders wat geestelike danspassies opgevoer het. “Ons het positiewe kommentaar hieroor ontvang, veral met verwysing na die kindertjies se optrede wat baie deur die bejaardes geniet is,” vertel Elcine. Selfs Jack White het met sy bekende trompet opgedaag, wat eweneens as iets nuuts ervaar is. Die saal was pragtig versier en sowat 80 mense is gesellig met ‘n volle ete en nagereg onthaal.

Vir die spreekwoordelike kersie op die koek, is verleidelike sjokolade aan die bejaardes uitgedeel - en snaaks genoeg het niemand dit as gevolg van “suiker- of ander probleempies” van die hand gewys nie! Elcine sê die Kersete het net soos in die verlede baie goed verloop en is terdeë deur almal geniet, met spesifieke verwysing na 2 Oak Grove “tannies” wat hul dankbaarheid nie genoeg kon beklemtoon nie. (Foto’s: Johan Hulme)

Hardus Botha

Silwerjare Kersete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant