Eerste ondervinding op ‘n amperbootjie

Eerste ondervinding op ‘n amperbootjie

Gansbaai Courant

Dis nie groot nuus dat die kabeljou nou loop en dat ‘n amperbootjie die antwoord is nie en ook die bedryf daarvan is nie meer vreemd nie. Ek moet tog hierdie rubriek begin deur te verwys na die baie vis wat die afgelope paar dae gevang is. Ek dink oor ‘n wye gebied is daar behoorlik baljaar onder die visse, die sterk wind ten spyte. Ek sal graag  vir Len Lawson  (besoeker van die Kaap) aan die woord wil stel wat, hoewel hy ‘n ou en baie bedrewe hengelaar is, vir die eerste keer met ‘n amperbootjie see toe is en kon spog met ‘n paar mooi kabeljou. Kom ons hoor wat hy te sê het.

“Ek is daaraan gewoond om met ‘n groter boot die see aan te durf maar toe skipper Jacques Haasbroek my vra of ek hom wil vergesel op sy nuwe bootjie van 3,2 meter het ek onmiddellik ja gesê want ek het besef hier is nou pêrre! Ons is Saterdag om 4-uur die oggend weg Platjieskraal toe en ongelukkig was ons nie baie suksesvol nie, hoewel ons darem een maat vis gevang het. Die baie kleintjies het ons gewilliglik teruggeplaas. Die volgende keer is ons vort, weer om 4-uur, maar dié keer na Holbaai. Hierdie keer het die amperbootjie meer gemaklik gevoel en die effense wankelrigheid was vergete --  dalk as gevolg van die mooi kabeljou wat begin gesig wys het. Die vaalwater het sewe mooi visse opgelewer waarvan die grootste in die omgewing van vyf kilogram was. Weer eens is die kleintjies teruggeplaas om groter te word vir ‘n volgende geleentheid. In ag genome dat ons hengeltyd gestrek het vanaf ongeveer 5-uur die oggend tot so 8-30 was die drie en ‘n half uur heel produktief. Bowendien het  van die grotes weggekom.  Die hele episode was vir my ‘n baie aangename ondervinding wat ek beslis weer sal meemaak. Dit is vir my egter ‘n voorvereiste dat die skipper van so ‘n bootjie sy storie moet ken aangesien seetoestande eerbiedig moet word en met ‘n amperbootjie ekstra sorg aan die dag gelê moet word.

Dit is gebiedend noodsaaklik dat nie onverskillig opgetree moet word nie en veiligheid altyd ‘n voorvereiste sal bly. Hierdie was ‘n nuwe storie vir my wat vir ‘n eerste ondervinding altyd sal uitstaan.”

Daar is ook vis ingebring vanaf Blousloep en Haaibank by Franskraal, Soetfontein en sommer ‘n paar ander plekke. Oral plekke waar ‘n amperbootjie gedy.

Groete, Seemeeu

Eerste ondervinding op ‘n amperbootjie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant