R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Twee bekende inwoners van Gansbaai, Pieter en Ans Scholtz, het besluit om anker te lig en baie vroeg in die nuwe jaar elders te gaan vestig. Tydens my gesprek met hulle, het hulle die volgende gesê: “Ek en Ans het besluit om te verhuis, terug na waar ons wortels lê. Ons is albei bosveld mense en wil graag ons laaste fase nl. aftrede, daar deurbring. Ek het aan die begin van 1995 hierheen verhuis, dus bykans 21 jaar gelede. Ans het gedurende 2005 by my aangesluit.
Sedert 1997 was ek, en later Ans, by gemeenskapsprojekte betrokke en sedert 2000 as raadslid en Uitvoerende Onder Burgemeester. Alhoewel ek die politieke terrein verlaat het, het ek steeds betrokke gebly by my passie, nl. die Gedenkboek vir Gansbaai wat voltooi is en wat tans geredigeer word en persgereed gemaak word.
Ons het wonderlike vriende gemaak, beide in die politiek waarby ons vir 15 jaar betrokke was, asook privaat. Aan hulle wil ons baie dankie sê vir omgee vriende, vriende wat ook ‘n verskil in ons lewens gemaak het. Ons sal kontak hou.
Ook ‘n spesiale groet en dankie aan verskeie instansies en besighede waar ons altyd uitstekende diens en vriendelikheid ontvang het.
Aan oud kollegas, baie dankie vir julle aandeel om Gansbaai ‘n lekker plek te maak om in te woon.
Ek sonder graag meneer Kat Myburgh uit met wie ek vir 14 jaar, baie lekker kon saamwerk. Ons kon laagte- en hoogtepunte met mekaar deel. Hy is ‘n Areabestuurder duisend!
Dankie ook aan die personeel van die Munisipaliteit wat ons altyd hoflik behandel het en wat sorg dat die inwoners in ‘n netjiese omgewing kan woon.
Hartlike dank vir die lojale ondersteuning wat ons van die Courant en sy redakteur ontvang het. Dankie vir julle gebalanseerde berriggewing oor die jare. Sonder julle sou Gansbaai armer wees.
Laastens, dankie aan die komiteelede, samestellers, skrywers, skenkers, leners en bestellers van die Gansbaai Gedenkboek vir julle volgehoue steun en geloof in die boek. Julle verdien die lof van die nageslag.
Ons sal met heimweë aan Gansbaai terugdink maar sien terselfdertyd uit na ‘n nuwe uitdaging. Wees gegroet”.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.