Pampoenplaas in die Bahamas

Pampoenplaas in die Bahamas

Gansbaai Courant

Oor veertien dae is dit Kersfees.  Wat gaan in Jan Alleman se kop aan op hierdie stadium.  As jy in ‘n Suid-Afrikaanse besigheid is, zieng jou kop natuurlik rondom voorraad, pryse, verlengde ure, skofwerkers, diensroosters en natuurlik.........daardie versugting van ‘n groter wins as laasjaar. Jy fynkam Desember 2014 se dagboek om te kyk watter rakke het voortydig leeggeloop en jy skarrel deur die voorraadopname van Februarie 2015 om vas te stel watter produkte die stadigste verkoop het. Langs die grootpaaie begin insleeptrokkies al stelling inneem soos vegvliegtuie op ‘n vliegdekskip, reg vir die volgende voertuigongeluk.

Op Sky News stem die Britse Parlement vir of teen ‘n aanval op die IS-beheerde Sirië. “ Sê Aai of Nei” en die  vloer reageer met “Aiei” wat vir my maar draadsitterig klink, maar nietemin styg die bommers van die Engelse basis in Cyprus op en vuur ‘n klomp missiele op die olievelde wat blykbaar ‘n groot bron van inkomste vir IS  is. Drie ure, toe is die missie voltooi, blykbaar geslaagd. Nee, sê ‘n ander kenner, steeds op Sky, dit sal nie ‘n gevoelige duik laat in IS se beursie nie, want hulle het al die banke in Sirië oorgeneem toe hulle ‘n kalifaat uitgeroep het en dít is ‘n aansienlike klomp geld. In Amerika sê Obama

“Natuurlik moet ons ons regte buite die grense van ons eie land gaan verdedig”  en ‘n uur later  bepleit hy nuwe wetgewing teen die roekelose en noodlottige cowboy and crook spelery in die strate . Volgens hom te wyte aan die roekelose getjommel van wapenhandelaars.  Dis soos om vir ‘n kind te sê “Maak soos ek sê, moenie maak soos ek maak nie.” Is hy regtig so naïef om te glo volgelinge reageer beter op woorde as op voorbeeld? (Zumpie het hom seker nie dit geleer oor hul laaste glasie whiskey nie)  Die SAL se vlerke het hulle finale krink gemaak en die beste wat hulle kan doen om die skande vir hulle en die staat te probeer verdoesel is deur op openbare media te beweer dat ‘n rassis ‘n vliegtuig sou wou kaap omdat sy medevlieënier nie die regte kleur onderlaag aangehad het nie.

Maroela Media  berig vyf keer per dag –of soveel as wat nodig is – oor die uitwissing van mense wat hierdie land opgebou het en steeds veg vir die behoud van die bietjie wat nog oorbly. Damme is leeg, die sluise van die hemel laat net druppels deur;  diere vrek. Landbouers verlaat hulle bankrotgrond en gaan sit iewers op ‘n dorphuis se stoep en hou steeds die wolke dop. As die eerste donderweerdruppels val, ruik hy die omgedolwe grond anderkant sy grenshek wat nou met ketting en slot gegrendel is en net met die sleutel in die bank se kluis oopgesluit kan word. In die townships word ‘n waterlorrie se kraan sommer oopgelos vir solank as wat dit die volgende persoon neem om sy waterkan onder die kraan in te kry. By Cop 21 wys lande steeds, soos die afgelope 20 jaar al, vir mekaar vinger en Zumpie skree saam: “ Julle moet.....(ghmm).....ons moet iets doen....(ghmm)!” maar tot dusver het niemand nog ‘n oplossing gevind vir Openbaring se vuur uit die hemel nie. Oor 14 dae is dit Kersfees en waaraan dink ons? 

Spyskaart, geskenke, ou vriende in die kampplek, kinders en familie wat ons net hierdie tyd van die jaar sien? Dink ons hoe lekker dit gaan wees om net oorboord te gaan en nie te dink aan werk, misdaad en geweld nie. Wat ‘n heerlike uitsig om net die kinders van ons skouers of te hê vir ‘n week of twee!! Groot fout, hierdie een, al is ons in die mees beskeie van vakansieplekkies. 

Nee, dis nou die tyd om te dink aan die hoekom en waarom van Kersfees en ‘n slag perspektief te kry op die toestand van die wêreld van vandag vanuit die vlak van die Krip. Nou is die tyd om ‘n mens se gedagtes vertikaal te rig,  in stede van horisontaal, soos wat die res van die jaar vereis het.Vir die wat Kersfees net nóg ‘n groot partytjie is, in hul geloof dat die  mens  hierdie aarde doelloos en net vir homself bewandel,  dink aan die pampoenplaas wat jy vir jou in die Bahamas gaan koop.

Carine Badenhorst

Pampoenplaas in die Bahamas

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant