R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“...ek het geleer om vergenoeg (tevrede) te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.....
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Fil. 4:11-13)
Toets gou hierdie vraag in jou lewe: Sê nou net dat die enigste geskenk wat GOD aan jou wou gee, die genade is wat jou red. Sou jy tevrede wees? Jy smeek Hom om jou kind se lewe te red. Jy pleit by GOD dat jou besigheid moet oorleef. Jy bid en vra dat die kanker in jou liggaam moet verdwyn.
Wat daarvan as Hy net antwoord met: “My genade is vir jou genoeg!”? Sal jy tevrede wees? Wel, Paulus moes maar, want al smeek Hy GOD drie keer dat die doring uit Sy liggaam verwyder moet word, sê GOD net vir hom: “My genade is vir jou genoeg!” (2 Kor. 12:9)
Jy sien, my vriend, vriendin, vanuit ’n hemelse perspektief is genade genoeg. As GOD dan nou niks anders gedoen het as om ons van die helse dood te red nie, wie kan dan kla?.....Kan jy oor enigiets ontevrede wees as jy weet jy het die ewige lewe uit GOD se genade ontvang? Hoe durf ons dan kla oor pyn in ons liggaam? As ons dan die hemelse rykdom het hoekom dan kla oor aardse tekorte en armoede? As ons weet ons het ’n woonplek in die hemel – kan ons dan nie maar afstand doen van die reg om op aarde die mooiste en beste huis te hê nie?
As jy nou die voorreg het om hierdie artikel te lees, hande om die Courant vas te hou, die paar rand om ’n brood te koop...wat meer wil jy van GOD hê? Dit beteken mos dat jy alreeds genade op genade ontvang het! Kom ons probeer om hierdie Kerstyd tevrede te wees met wat ons in ons lewe het. As dit dan armoede is – loof GOD vir jou grootste geskenk: Jesus wat jou verlos! As jy baie pyn in jou liggaam ervaar – prys Hom dat Hy die bitterste pyn aan die kruis vir jou verduur het sodat jy die ewige lewe kan kry – ewig sonder pyn en altyd vrede en vreugde! Al gaan slaap jy vanaand in ’n eenvoudige bed in die kleinste kamer – weet net dat GOD self tevrede was met ’n strooibedjie in ’n stal in ’n klein dorpie Betlehem – om vir jou te kom wys hoe GOD self kan leef op aarde – nederig en dienend. Tevrede met wat GOD op Sy pad toegelaat het.
Wat wou jy nou weer sê oor GOD se genade aan jou?
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.