Kanadese studente besoek Gansbaai Academia

Kanadese studente besoek Gansbaai Academia

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia het die afgelope 6 maande saamgewerk  met die Two Oceans Aquarium om die leerders meer in te lig oor verskillende omgewingstudies en hoe hulle van vroegs af die omgewing kan bewaar en waardeer.

Op 14 November 2015 het Kanadese studente ‘n besoek afgelê by die skool  om die leerders meer  in te lig oor die belangrikheid van navorsing. Die leerders  was  in groepe opgedeel waar hulle later in interaksie getree het met die studente en het kans gekry om vrae te vra en in groepe saam te werk om ‘n hipotese op  te stel. Elke groep leerders het ‘n kans gekry om hulle hipotese voor te lê aan al die leerders.

Op 30 November 2015 het die leerders Kaapstad toe vertrek waar hulle ‘n besoek gaan aflê het aan Kristenbosch Botaniese Tuine en die Two Oceans Aquarium. Die leerders het somer dadelik die roete aangepak in die tuine waar mnr. Fudli, lektor van UWC en me Rolien, een van die direkteure van die Tuine in Kaapstad, saam met die leerders deur die tuin beweeg het en vir hulle meer blootgestel het aan die ryk plantegroei in die Kaap en ook die belangrikheid  van ekosisteme en die groot impak wat mense op die omgewing het.

Die leerders het vanaf Kristenbosh vertrek na die Two Oceans Aquarium. Met aankoms het die leerders eers ‘n les ontvang oor haaie en hulle het ook ‘n geleentheid gekry om aan baba haaie te vat. Die leerders het na die les ‘n kans gekry om deur die Aquarium te loop om na al die diere te kyk en hulself te geniet. Hulle het ‘n heerlike middagete ontvang en was daarna gereed vir die lang pad terug Gansbaai toe. Dit was ‘n lang, warm dag maar die leerders het dit geniet en nie toegelaat dat die hitte hulle enigsins onderkry nie. Namens Gansbaai Academia se Marine Science Club wil ons vir mnr Russell Stevens van die Two Oceans Aquarium asook vir mnr Fudli bedank vir al hulle harde werk en ook die tyd wat hulle opgeoffer het om elke week met die leerders te werk.

Tommy Wilson

Kanadese studente besoek Gansbaai Academia

Tommy Wilson

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant