Gansbaai Courant

Blog: Tennisnuus (10 Dec 2015)

Published: 10 December 2015
By:Daniƫl Geldenhuys

Op Saterdag, 5 Desember, het 3 van ons lede aan 'n rondomtalie-toernooi in Bredasdorp gaan deelneem. Dit was 'n heerlike dag van tennis. Daar was 38 spelers vanuit die hele omgewing (selfs sover as Kaapstad, Stellenbosch en Wolceley). Daar was 2 afdelings.  

Die 3 Gansbaai-spelers het in die B-afdeling gespeel en al drie het met pryse weggestap. Alta van Niekerk het die eerste plek behaal van die dames. Daniël Geldenhuys was die mans wenner en Liandro Lodewyk het tweede geëindig. Baie geluk aan hierdie spelers.

Eerskomende Saterdag, 12 Desember, word die klub se AJV gehou om 16:00 by die bane. Alle lede word versoek om die vergadering by te woon.

Ons wil ook vir Patricia Ronquest sterkte toewens met die afsterwe van William Low - our prayers are with you. Baie sterkte en beterskap ook aan Gerhard Germishuys met die skouervervanging. Ons kan nie wag vir jou terugkeer na die bane nie.  Compliments of the season to all.  Tennisgroete.

Danïel Geldenhuys

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...