Birkenheaders se 1ste vir 2016

Birkenheaders se 1ste vir 2016

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub is waarskynlik die enigste klub wat aan die einde van ‘n jaar reeds hulle eerste boothengelklubkompetisie vir die volgende jaar laat plaasvind. So het hulle eerste kompetisie vir 2016 reeds op 5 Desember vanjaar plaasgevind. Die hengelaars was redelik tevrede met hul vangstes, al het hulle bykans “uitgebraai” op die bote. Die pragtige getal van 7 bote het ingeskryf, waarvan 6 ingeweeg het.

Die totale aantal bemanning was 23, waarby 2 juniors en 2 dames ingesluit was.   9 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 116 met 'n totale massa van 76.65kg, wat ‘n gemiddeld van 3.33kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Philip Fourie (Rooi Roman - 1.75kg); 2de swaarste visse, Charlo Viljoen (Gurnit - 1.5kg) en Leon Engelke (Kabeljou - 1.5kg); swaarste sak (7.25kg), Ben Uys; 2de swaarste sak (7.15kg), Philip Fourie; swaarste bootgemiddeld (6.68kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (6.51kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (6.9kg), JP Uys. Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2016 is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (6.68kg), Oupa van Ben Uys (6.51kg); Relêks 2 van Jean Downing (4.99kg); Mans Visvangkampioene - Ben Uys (7.25kg), Philip Fourie (7.17kg), Danie Fourie (6.95kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (2.95kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (6.9kg), Hennie Groenewald (5.7kg). Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 9 Januarie 2016 (nie die 2de Januarie nie) geskeduleer.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die nuutverkose Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Birkenheaders se 1ste vir 2016

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant