R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie. Die dag het afgeskop met die opening deur Ds Liesl Joubert en verwelkoming deur Michael Geldenhuys Voorsitter van die Ouermaatskappy waarna ‘n heerlike ontbyt verskaf was deur Michael Geldenhuys en sy span.
Na afloop van die ontbyt het Woens Basson en Madelein Swart die deelnemers onder hulle vlerk geneem en is die dag se reëls en roete deeglik met hulle bespreek. Elke deelnemer het ‘n sakkie ontvang waarin daar ‘n verrassing was vanaf die borge : Rola Toyota Bredasdorp, Overcell Gansbaai, Friends, Murasie en Supreme Sharks.
Die kompetisie het om 08h30 afgeskop met 30 deelnemers in totaal. Japie Swart het sommer vroeg al gesorg vir opwinding tydens die “axel bender” tot almal se vermaak.
De Uijlenes het hul wa beskikbaar gestel vir die roete en toeskouers is aangery tot by die verskillende kykpunte.
Na voltooiing van die roete het die deelnemers vir groot vermaak gesorg by die “slurry gat” . Slegs 3 voertuie kon dit regkry om deur hierdie hindernis te gaan en vele ander het die toeskouers vermaak met vassit in die modderpoel en beraming van planne om daaruit te kom. Ferdie Kritzinger van Supreme Sharks wat die herwinnings voertuig vir die dag beskikbaar gestel het, het sy hande behoorlik vol gehad hiermee. Daarna is daar gebreek vir middagete en nog ‘n groot borg van die dag Atlantic Abalone het gesorg vir heerlike perlemoen waartydens Michael en sy span hulle hul weereens goed van hul taak gekwyt het.
Omstreeks 13h00 was dit die vroue deelnemers se beurt om te bewys wat in hul steek en hierdie afdeling is deur Danielle Becker gewen, sy het dit reggekry om die uitdagende roete deur te gaan sonder om aan enige van die paaltjies te raak - welgedaan aan haar en sy wen ook die prys vir die “lady driver” geborg deur Rola Toyota Bredasdorp.
Die drifting het direk daarna plaasgevind en onder andere het van die deelnemers Nico Kotze, Mike Germishuys, DP Fourie, Phillipus de Villiers, Michael Jansen, Hentie le Roux, Marius Heyneman en Charles Muller vir oneindige vermaak vir die toeskouers gesorg.
Die dag is afgesluit met aandete, ‘n prysuitdeling en heerlike musiek vermaak deur Leon Carstens tot baie laat.
Die wenners van die dag : 1ste: Charles Muller, 2de: Johan Kotze, 3de: Hentie le Roux en 4de: Andre Hage.
Die pryse was geborg deur Overcell Gansbaai en Rola Toyota Bredasdorp. Die “venue” was gratis beskikbaar gestel deur Kosie en Leana de Wet : Murasie. Laerskool Gansbaai bedank een en elkeen vir hul ondersteuning! Ons maak weer so op 3 September 2016.
Madelein Swart
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.