Laerskool Gansbaai 4x4 Dag te Murasie Bbos

Laerskool Gansbaai 4x4 Dag te Murasie Bbos

Gansbaai Courant

Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie.  Die dag het afgeskop met die opening deur Ds Liesl Joubert en verwelkoming deur Michael Geldenhuys Voorsitter van die Ouermaatskappy waarna ‘n heerlike ontbyt verskaf was deur Michael Geldenhuys en sy span.

Na afloop van die ontbyt het Woens Basson en Madelein Swart die deelnemers onder hulle vlerk geneem en is die dag se reëls en roete deeglik met hulle bespreek.  Elke deelnemer het ‘n sakkie ontvang waarin daar ‘n verrassing was vanaf die borge : Rola Toyota Bredasdorp,  Overcell Gansbaai, Friends, Murasie en Supreme Sharks.

Die kompetisie het om 08h30 afgeskop met 30 deelnemers in totaal.  Japie Swart het sommer vroeg al gesorg vir opwinding tydens die “axel bender” tot almal se vermaak.

De Uijlenes het hul wa beskikbaar gestel vir die roete en toeskouers is aangery tot by die verskillende kykpunte.

Na voltooiing van die roete het die deelnemers vir groot vermaak gesorg by die “slurry gat” .  Slegs 3 voertuie kon dit regkry om deur hierdie hindernis te gaan en vele ander het die toeskouers vermaak met vassit in die modderpoel en beraming van planne om daaruit te kom.  Ferdie Kritzinger van Supreme Sharks wat die herwinnings voertuig vir die dag beskikbaar gestel het, het sy hande behoorlik vol gehad hiermee. Daarna is daar gebreek vir middagete en nog ‘n groot borg van die dag Atlantic Abalone het gesorg vir heerlike perlemoen waartydens Michael en sy span hulle hul weereens goed van hul taak gekwyt het.

Omstreeks 13h00 was dit die vroue deelnemers se beurt om te bewys wat in hul steek en hierdie afdeling is deur Danielle Becker gewen, sy het dit reggekry om die uitdagende roete deur te gaan sonder om aan enige van die paaltjies te raak  - welgedaan aan haar en sy wen ook die prys vir die “lady driver” geborg deur Rola Toyota Bredasdorp.

Die drifting het direk daarna plaasgevind en onder andere het van die deelnemers Nico Kotze, Mike Germishuys, DP Fourie, Phillipus de Villiers, Michael Jansen, Hentie le Roux, Marius Heyneman en Charles Muller vir oneindige vermaak vir die toeskouers gesorg.

Die dag is afgesluit met aandete, ‘n prysuitdeling en heerlike musiek vermaak deur Leon Carstens tot baie laat.

Die wenners van die dag : 1ste: Charles Muller, 2de: Johan Kotze, 3de: Hentie le Roux en 4de: Andre Hage.

Die pryse was geborg deur Overcell Gansbaai en Rola Toyota Bredasdorp.  Die “venue” was gratis beskikbaar gestel deur Kosie en Leana de Wet : Murasie.  Laerskool Gansbaai bedank een en elkeen vir hul ondersteuning!  Ons maak weer so op 3 September 2016.

Madelein Swart

Laerskool Gansbaai 4x4 Dag te Murasie Bbos

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant