Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense

Gansbaai Courant

Gansbaai en omgewing is geseënd met ‘n ryke kultuur-historiese geskiedenis. Dit is so kosbaar dat, indien dit vir die nageslag verlore sou gaan, hulle van ‘n erfenis ontneem sou wees.  Dit het meer as vyf jaar gelede ‘n groepie inwoners genoop om ‘n komitee te stig met die doel om namens die gemeenskap die geskiedenis te boekstaaf. ‘n Bekroonde skrywer, SD Fourie en haar man, Jan, is genader om die boek saam te stel. ‘n Artikel 21 maatskappy is gestig en die skryfwerk is in alle erns aangepak. Nou, na meer as vyf jaar, is die manuskrip voltooi en aan die redigeerder oorhandig vir die finale afronding.

Ek was bevooreg om die manuskrip te kon lees. Dit het soveel emosies gaande gemaak oor die swaarkry en ook die lekkerkry van ons voorouers, hulle wat hulle toekoms hier gesoek het. Die meeste van hulle het vir en van die see geleef. Nadat ek dit gelees het, het ek opnuut onder die indruk gekom dat talle name en vanne van mense wat tans in die omgewing woon, hulle wortels hier het. Die skrywers het op die voetspore geloop van hulle wat hier gewoon het.  Die boek is ‘n juweel in woorde. Sonder dit sou ons almal armer gewees het.

Hierdie boek word eintlik aan julle opgedra met die versoek dat julle dit aan julle kinders en almal wat die omgewing met mekaar deel of gedeel het, nalaat. Dit met die wete dat as ‘n mens nie weet waar jy vandaan kom nie, jy ook nie sal weet waarheen jy gaan nie.

Pieter Scholtz

(Voorsitter : Gedenkboek komitee)

Gansbaai, ’n Besonderse Streek en sy Mense, is ’n onbeskryflike leeservaring en ’n boek wat in elke huis en boekrak hoort.  Bestel jou boek by Gansbaai Toerisme of besoek www.xplorio.com/gansbaai vir meer inligting en foto’s.  Word een van die eerste 250 gelukkige persone wat ’n genommerde en getekende boek gaan ontvang!  Jy kan’n Geskenkbewys van R300 by Die Toerismekantoor in Gansbaai koop wat aan die persoon van jou keuse ’n boek gaan besorg, of as 'n Kersgeskenk.

Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense

Pieter Scholtz

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant