Bags of Love

Bags of Love

Gansbaai Courant

 “Dit is weer ‘daai tyd van die jaar!’ - Bags of Love-tyd,” sê Dorothy van Vuuren, Badisa Maatskaplike Werker (Gansbaai). “Die mense is alreeds besig om uit hul eie Bags of Love by ons kantoor af te lewer en dis wonderlik!”

Bags of Love beteken net een ding: Om uit dankbaarheid te gee wat jy het. Bags of Love kan met kruideniersware vir behoeftiges in die gemeenskap gevul word, wat dan gekontroleerd deur Badisa versprei sal word. Gansbaai Superspar het weer aangebied om geskenkpakke op te maak, wat die onderstaande basiese kruideniersware bevat, terwyl daar ook emmers met die bestanddele by U-Safe beskikbaar is. Die relevante bestanddele wat deur Badisa voorgestel word, is die volgende: 1kg rys, 1kg suiker, 26 pakkie tee-sakkies, 450g koffie, 425g pilchards in tamatiesous, 200g boksie soja maalvleis, 1kg stampmielies of meel, 500g gedroogde suikerbone, 1kg meel, 410g baked beans, 750ml kookolie en 500g sout.

Hierdie is jaarliks ‘n broodnodige projek wat gerus deur die gemeenskap ondersteun kan word - teen minimale kostes. "Badisa se kantoor is oop tot die 23ste Desember en ons beplan om die Bags of Love tussen 21 en 23 Desember aan behoeftige gesinne en individue, wat by die projek baat sal vind, uit te deel,” sê Dorothy.

Badisa kan by 028-484-0151 gedurende werksure vir navrae geskakel word.

Hardus Botha

Bags of Love

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant