Diploma’s vir Vroeëkindontwikkeling

Diploma’s vir Vroeëkindontwikkeling

Gansbaai Courant

“Die diplomaplegtigheid vir Vroeëkindontwikkelingstudente van die Overstrand, wat vanjaar deur die Klein Karoo Bronnesentrum opgelei is, het op 10 Desember 2015 vir die eerste keer op Hermanus plaasgevind,” vertel Mimi Laubscher (dosent) van Perlemoenbaai.

“Van die sowat 120 studente was 42 van Gansbaai en omgewing.” Die spreker tydens die diplomaplegtigheid was me Douse en sy het studente aangemoedig om lewenslange studente te wees. Sy het dit ook beklemtoon dat hulle bevoorregte studente en opvoeders is en dat hulle nou oor die nodige vaardighede en kennis beskik om hoë kwaliteit opvoeding aan elke kind te bied. Die Klein Karoo Bronnesentrum is ‘n geakkrediteerde opleidingsinstansie wat die SAQA geregistreerde VKO-kwalifikasies vir Vlak 4, Vlak 5 (Hoër Sertifikaat) en Vlak 5 (Nasionale Diploma) aanbied. Die fokus is nie alleen grondige kennis van kinderontwikkeling nie, maar dit spreek ook al die vaardighede aan wat deur die Kinderwet vereis word.

“Die opleiding sluit ook ‘n geregistreerde dagprogram in,” het Mimi gesê. “Die program is nie alleen van internasionale gehalte nie, maar die bypassende leermateriaal word ook gratis verskaf en die organisasie het dan ook al verskeie prestasietoekennings ontvang.” Al die diplomandi is verbonde aan voorskoolse sentrums waar hulle die program vir sowel voorskoolse kinders (0 - 4 jaar) as Gr R met groot sukses aanbied. Sy sê tevrede ouers gee daagliks terugvoering van hul kinders se positiewe ontwikkeling.

Die groep studente wil graag die volgende instansies en persone bedank: Klein Karoo Bronnesentrum en dr Adriana Laubscher vir hul onbaatsugtige betrokkendheid by hulle gemeenskap en die hoë gehalte van werk wat hulle lewer; past Frikkie Zeelie vir die beskikbaarstelling van die opleidingslokaal; Gansbaai Superspar vir die voorsiening van heerlike maaltye; Persone wat die vervoer van die studente gefinansier het; Christine van Wyk vir haar enorme rol wat sy speel. Voornemende studente kan 084-206-9566 skakel vir meer besonderhede.

Hardus Botha

Diploma’s vir Vroeëkindontwikkeling

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant