“Vrede vir julle!” Vir altyd?

“Vrede vir julle!” Vir altyd?

Gansbaai Courant

 “Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk 2:14)  “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” (Joh 14:27) 

Die twee verse hierbo gaan albei oor vrede wat aan mense belowe word. Die engele kondig Jesus se geboorte aan met woorde van “vrede.” Jesus kondig in die tweede vers Sy weggaan aan met woorde van “vrede.” Ons as mense soek almal na hierdie vrede, is dit nie? Die vraag wat jy vandag moet beantwoord is: “Het ek ook vrede in myself?” Beleef ons werklik in Kerstyd GOD se ware vrede? Kan ons in die tye waarin ons leef, ware vrede hê?

Vrede het altyd te doen met jou verhoudings. Wanneer jou verhouding met jou man, vrou, kinders of wie ook al gebroke is, kom daar onvrede in jou hart. Ja, ons staan ook in ’n verhouding met die natuur om ons. As ons nie die natuur bewaar en versorg nie, kom daar disharmonie of onvrede tussen die mens en GOD se skeppingswerk. Maar die belangrikste verhouding wat ons vrede versterk of verbreek, is ons verhouding met GOD. Hierdie verhouding het altyd te doen met gehoorsaamheid. Die oomblik as jy GOD blameer vir ’n moeilike situasie of iets wat verkeerd gegaan het, is dit ’n bewys van een of ander ongehoorsaamheid. Ons kan nie twee meesters dien nie, naamlik onsself en GOD. As ons dit probeer, sal daar onvrede in ons lewe insluip.

Wanneer jy jou lewe in gehoorsaamheid aan GOD oorgee is daar altyd vrede. Jou bereidwilligheid om aan Sy wil oor te gee skep vrede in jou. Dit is wanneer jou eie behoeftes, begeertes en gevoelens en vir jou belangriker word as wat GOD in Sy Woord van jou vra, dat jy nie vrede beleef nie. Die gees van vrede waarna jy verlang word deur die Heilige Gees gebore en nie deur jou besluitneming nie. Wanneer die Heilige Gees jou lewe oorneem ontstaan vrede in ’n lewe van eenvoud en eenheid met Jesus.

Jou vrede sal verdwyn as jy ophou om GOD te gehoorsaam. Wanneer ek GOD gehoorsaam , kom daar wel probleme in my lewe voor, maar ek weet dan goed om hierdie probleme na GOD te neem wat my deur Sy krag en leiding dwarsdeur enige probleem sal lei. Ons vrede word vermeerder hoe meer ons aan GOD oorgee in gehoorsaamheid. Probleme vermeerder my uitbundige vreugde want ek weet dat GOD getrou is en vir my sorg. Ons kan met verwagting uitsien hoe Hy ons lewe gaan ontrafel en ons vrede vermeerder.

Mag hierdie Kerstyd vir jou ’n tyd van vrede en vreugde wees. Vrede begin en eindig by jou gehoorsaamheid aan GOD. Gee alles aan Hom oor en jy sien hoe jou vrede vermeerder!

“Vrede vir julle!” Vir altyd?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant