Elim Huis se Kerspartytjie

Elim Huis se Kerspartytjie

Gansbaai Courant

 “Dit is nou die tweede jaar wat ek ‘n Kerspartytjie vir Gansbaai Elim Huis reël en hierdie een is net so ‘n groot vreugde soos die vorige een en dit is om die kindertjies met hulle opgewonde gesiggies te kan aanskou,” vertel Marie Reid van Marie’s Boutique, Art & Beauty Shop in Kerkstraat, Gansbaai wat as hoofborg vir die Kerspartytjie optree.

Sy is ondersteunend bygestaan deur haar lewensmaat, Thys Fourie. Thys het behoorlik bontgestaan met die voorbereiding van onder andere egte boereworsrolletjies, wat terdeë saam met nagereg, sappe en lekkers geniet is. Elke kind het ook ‘n geskenk ontvang en die handjies kon nie vinnig genoeg beweeg om self hulle pakkies oop te maak nie, al is dit moeilik vir sommige van hulle, aangesien die meerderheid van hulle een of ander vorm van gestremdheid het - wat geensins ‘n negatiewe invloed op die opregte genot van die Kerspartytjie gehad het nie. “Ek bedank graag vir U-Safe en Hungry Lion vir hul borgskappe vir die Kerspartytjie,” sê Marie, wat die res van die benodigdhede vir die ete, lekkers en dies meer self geborg het.

Gansbaai Elim Huis is op 23 Augustus 2014 amptelik geopen, nadat ‘n behoefte bepaling gedoen is en val onder toesig van Joanne Swart van Elim Tehuis in Elim. Tans is daar 21 kinders, met 4 personeellede. Belangstellendes en/of voornemende ondersteuners en borge, kan Gansbaai Elim Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) besoek om hulself van die aktiwiteite en kwaliteit versorging van die kinders te vergewis.

Vir enige navrae kan Marie Reid by 083-310-1733 geskakel word, of skakel vir Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203.

Hardus Botha

Elim Huis se Kerspartytjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant