R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die vakansieseisoen is goed op dreef en die hengelaars onder hulle het seker al voete gaan natmaak en probeer vir ‘n vissie. Die afgelope week of wat was nie baie belowend nie en die vis het maar sleg gebyt -- veral wat die bootmanne betref. Daar is tog van die boothengelaars wat na baie gesoek ‘n vissie of wat opgespoor het. Ek dink die rede vir hierdie toedrag van sake is omdat die weer nie regtig rigting gekry het nie en gedurig aan die draai was. Wat dinge kan omkeer is indien ons ‘n wind kry wat sy koers hou en die water dan in “die regte stemming” plaas. Die rigting daarvan sal bepaal watter vis ons moet teiken. Ook die temperatuur van die water is baie belangrik. Koue water is ‘n groot probleem terwyl té warm water sy eie probleme het. Kan nogal gekompliseerd raak.
Daar is darem kreef ook. Dis nou vir die bittereinders wat, ondanks die beperkinge en ander “uitdagings”, steeds volhard. Daar is van hulle wat met ‘n paar krewe kon spog en sekerlik die kans sal gebruik om tong uit te steek vir ander wat nie kans gesien het om die enkele dae wat wel geskik is vir kreefvangs te benut nie. Dit bly ‘n ope vraag of dit wel die moeite werd is.
Die feit dat daar weer ‘n boot omgeslaan het benadruk die feit dat veiligheid te alle tye op die prioriteitslys behoort te wees. Dit is juis indien die weer nie saamspeel nie, dat jy in jou pasoppens moet wees. Kom ons kyk liewer na die positiewe.
Daar is mos nie ‘n aangenamer tyd as dié op see deurgebring nie en as dit saamgaan met die vang van ‘n vissie, wat meer wil jy hê! Moet net nie onnodig kanse waag nie. Hengeltyd kan een van die mees genotvolle en saambindende faktore wees wanneer die familie betrek word, dis veral wanneer die langstokke uitgehaal en van die kant af gehengel word en ai die lekker braai daarna!
Kersfees en die groot dae is om die draai -- mag dit en die toekoms geseënd wees vir almal.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.