Dangerpoint Halfmarathon

Dangerpoint Halfmarathon

Gansbaai Courant

Dit is weer amper dié tyd van die jaar waar vele drawwers angstig op Gansbaai Lions se Oujaarsdag Romansbaai Ontwikkeling/Dangerpoint Halfmarathon wag. “Almal word hartlik uitgenooi om aan die Dangerpoint Halfmarathon, ons laaste halfmarathon vir die jaar, deel te neem,” sê Jan le Roux van Gansbaai Lions. “Hierdie marathon vind plaas langs ‘n skilderagtige roete met ‘n pragtige uitsig oor die hele Walkerbaai, omring deur die Kaapse berge in die verte.”

Hierdie jaarlikse roete is uniek en strek soms tot aan die hoogwatermerk langs die kus waar die Birkenhead gestrand het, asook die speelplek van die Groot Withaai en die Noordkapper walvis. Die wedloop vind op Donderdag, 31 Desember 2015 plaas en deelnemers kan kies uit ‘n 21.1km halfmaraton, ‘n 10km draf of ‘n 5km pretloop. Die onderskeie afstande begin om 07:00, 07:30 en 08:00 by Laerskool Gansbaai se sportgronde, waar dit ook eindig. Inskrywingsvorms is by Gansbaai Toerisme langs die Gansbaai Superspar kompleks beskikbaar.

Deelnemers kan egter ook op Woensdag, 30 Desember 2015 vanaf 16:00 by die laerskool se sportgronde registreer, of gedurende die oggend voor die marathon vanaf 05:00. Inskrywingsfooie beloop onderskeidelik R60.00 (halfmarathon), R40.00 (10km) en R30.00 (pretloop). Waterpunte sal oral langs die roete beskikbaar wees. Alle deelnemers sal na afloop van die wedlope medaljes ontvang.

“Ons doen veral ‘n beroep op die inwoners en kuiergaste om die 5km pretloop te ondersteun - bring die hele familie en al julle vriende - daar sal ook “Lucky draws” wees,” sê Jan. “Dit is die 16de keer wat die halfmarathon deur die Lions Klub Gansbaai aangebied word en is een van ons groot fondsinsamelings-projekte.” Hy sê alle fondse wat ge-in word, word weer in die gemeenskap teruggeploeg. “Ons maak staat op julle ondersteuning.”

Vir verdere inligting kan die Lionpresident, Boats van Staden by 072-789-3627 geskakel word. Vanjaar se hoofborg (vir die 2de keer), is Dave Mostert van Romansbaai Ontwikkeling.               

Hardus Botha

Dangerpoint Halfmarathon

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant