Burgemeester “dirigeer” Philharmoniese Orkes

Burgemeester “dirigeer” Philharmoniese Orkes

Gansbaai Courant

Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie het die volledige Kaapstadse Philharmoniese Orkes op Woensdag, 16 Desember 2015 in Gansbaai Primêr se skoolsaal “gedirigeer” - en haarself nogal goed van haar taak gekwyt - sommer met die regte liggaamshouding en korrekte bewegings met die dirigeerstokkie en al.

Die geleentheid was ‘n gratis optrede deur die bekende Cape Town Philharmonic Orchestra, met Anton Phillips as dirigent vir Versoeningsdag. Dit het deel gevorm van die Grootbos Orchestral Charity Performance later die aand te Grootbos Natuurreservaat. Raadsdame Botha-Guthrie het die uitvoering in die skoolsaal bygewoon en sy het die geleentheid gekry om die orkes te dirigeer. Die Heavenly Quartez, vier jong tenore van Khayelitsha saam met die betowerende stem van Nolufefe Mzondi, het, naas klassieke liedere, die gehoor aan hul voete gehad met ‘n verskeidenheid van Afrikaanse Volksliedjies.

“This community concert is sponsored by the National Lotteries in its drive to reach rural communities to reach people without opportunity to access top class entertainment. The Orchestra is dedicated to Outreach and Education by extending their reach to children, youth and adults who otherwise never would be able to hear a world renowned orchestra perform,” het die seremonimeester gesê. Dit is presies wat daar gebeur het: veral die groot hoeveelheid leerders en jongmense het in verwondering na die orkes gestaar en was opgewonde oor hul optrede.

Hardus Botha

Burgemeester “dirigeer” Philharmoniese Orkes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant