Gansbaai se Vriendelikheid

Gansbaai se Vriendelikheid

Gansbaai Courant

Gansbaai Toerisme het onlangs weer ‘n beeld van absolute vriendelikheid laat uitstraal met hulle jaarlikse “Vriendelike Padblokkade” wat lankal reeds ‘n instelling geword het.

“Aggenee, wat het ek aangevang of waarom keer die verkeersman my nou af, ek kan nie aan iets dink wat ek verkeerd gedoen het nie,” staan duidelik op die meerderheid van motorbestuurders se gesigte “geskryf” wanneer hulle deur die verkeersmanne afgetrek word. Hulle haal sommer byvoorbaat die bestuurderslisensies uit om te wys. Dan die verassing met die toersmespan wat langs die pad staan en wag: “Hartlik welkom in Gansbaai, julle, hier is ‘n kleinigheidjie vir julle en ons vertrou dat julle ‘n aangename verblyf hier by ons gaan ervaar!” Bekommerde en/of vies gesigsuitdrukkings maak dadelik plek vir breë glimlagte. “Baie dankie! Sjoe, maar julle is ‘n vriendelike klomp mense!”

 Dan ry hulle al waaiende voort met besoekersinligting van besienswaardighede, ‘n “frispie” vir die kinders en dies meer. “Dis waarom ek altyd na Gansbaai sal terugkeer - dis vir die vriendelikheid van die mense,” het een dame-bestuurder gesê. Vanjaar het Gansbaai Toerisme sommer ‘n hele paar jongelinge gekry om te kom help. Hulle het dit terdeë geniet om met ‘n waaiende “Welcome” bordjie kostelike danspassies langs die pad uit te voer. Gansbaai is gedurende November vanjaar as ‘n Wêreldklas Verantwoordelike Toerisme Bestemming in die Wêreld Handelsentrum in London aangewys - ‘n onvergelykbare en trotse prestasie.

Vir vriendelike en kundige ondersteuning kan Gansbaai Toerisme se span by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Hardus Botha

Gansbaai se Vriendelikheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant