Family Church waardeer Koor

Family Church waardeer Koor

Gansbaai Courant

Kort ná die afsluiting van die NG Kerkkoor se jaar, is hulle genader vir optrede by Gansbaai Family Church. Die beskikbare koorlede het ingestem en bygedra tot ‘n puik erediens. Hulle het soveel koorliedere gesing dat dit bykans die atmosfeer van ‘n Kerssangdiens geskep het. Soos oudergewoonte het die koor onder leiding van Aletta Lochner as dirigent en Annaline Reinke as begeleier opgetree. Jack White met sy trompet, asook Chris van Zyl met sy kitaar het verdere luister aan die erediens verleen. Chris Thompson van die gemeente het die verwelkoming behartig en daarna vir past Gavin Leverton van Kaapstad aan die woord gestel.

“Dit is interessant dat die koor verlede jaar ook hier opgetree het toe ek die boodskap gebring het,” het past Leverton gesê. “Ek is baie lief vir koorsang en dan roep Jack se trompet ook vele herinneringe by my op, aangesien ek op skool trompet in die skoolorkes gespeel het.” Past Leverton het sy boodskap op ‘n insiggewende wyse vanuit ‘n ander hoek aangebied. “Almal ken die verhaal voor en na Kersfees (geboorte van Christus),” het hy gesê. “Dit is egter belangrik om reeds met Christus se geboorte op sy wederkoms te fokus, dit is waarom een van sy name Verlosser is. Indien ‘n mens na die wêreld kyk, is dit ‘n hartseer plek om in te woon.” Hy het die skeiding tussen God en mens uitgelig wat reeds in die paradys begin het.

“Met Christus se koms word die geleentheid geskep om God en mens weer nader aan mekaar te kry en al wat ons nodig het om gered te word, is die genade van God. Dus mag ons nie toelaat dat enige iets anders die Kersboodskap oorskadu nie.” Die koor het met Stille Nag, Heilige Nag afgesluit, waarna daar gesellig saamverkeer is met heerlike verversings. Besoekers is welkom om Gansbaai Family Church se Eredienste om 09:00 by te woon, asook hulle Kersdiens om 09:00 op Kersdag.

Navrae kan aan John Collings by 028-384-3820 gerig word.

Hardus Botha

Family Church waardeer Koor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant