Gansbaai Courant tot u Diens

Gansbaai Courant tot u Diens

Gansbaai Courant

Na bykans 17 jaar ervaar Gansbaai Courant steeds die ondersteuning van die gemeenskap, asook die sakesektor. Danksy hierdie vertroue is die Courant in staat gestel om ‘n ware inklusiewer gemeenskapskoerant te wees. Die lief en leed, sowel as prestasies, gemeenskapsdiens en ontspanning word weekliks dwarsdeur die jaar met lesers gedeel.

Die bydraes van kultuur, diens- en sportliggame word ook getrou ingestuur vir plasing. Ons rubriekskrywers, Carine Badenhorst se “Suikerbrood & Suurvye” en Seemeeu se “Seedinge” is ook baie gewild. Deon Kloppers se “Uit die Woord” is geseÓ«nd en baie word daardeur geraak.

Wat die Courant se diens aan die gemeenskap betref, is daar talle liefdadigheids-instansies wat gratis advertensies kry en ander soos kerke en skole teen ‘n afslagtarief. Die diere van Barc betaal ook nie. Verder word foto’s van geleenthede, artikels en collages gratis geplaas.

Die Courant is lid van ABC Grassroots wat die hoeveelheid koerante wat gedruk word moniteer. Dit verseker dat adverteerders weet wat die oplaag is en waarde vir geld kry.

Volgens ABC is die Courant se gemiddelde oplaag oor die afgelope 6 maande 1650 koerant per week. In seisoentyd verhoog dit tot 2000. Drukmedia SA aanvaar sowat 5 lesers per koerant en dit bring die gemiddelde leserstal op 8250 per week. Die verkoopsyfers toon dat byna die volle oplaag per week verkoop word. Anders as koerante en advertensie-blaadjies wat verniet uitgedeel word sonder ‘n bewys van trefkrag óf hoeveelhede wat deur ABC getoets word. Goedkoper advertensies kan dus so baie duur wees.

Om adverteerders tegemoet te kom, maak die Courant nooit toe nie en is dwarsdeur die jaar elke week beskikbaar. Dit is ook goed vir die dorp, want vakansietye is juis die tyd om ons vakansiehuis-inwoners en ander gaste in te lig oor watter goeie bestemming Gansbaai is.

Vir diegene wat nie plaaslik is nie en so ver as oorsee woon kan berigte ook op die Explorio webwerf by http://www.gansbaai.com/gansbaai-courant/ ’n week later gelees word.

Francois de Jongh

Gansbaai Courant tot u Diens

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant