Pearly Beach se Hengeltrots

Pearly Beach se Hengeltrots

Gansbaai Courant

“Dit was ‘n aand van groot trots en groot dankie-sê”, vertel Philip Fourie, Hengelkaptein van Pearly Beach Rots- en Strand Hengelklub. “Trots op elke hengelaar wat die jaar deelgeneem het, trots op die top-presteerders en trots op die Algehele Klubkampioen vir 2015, Deon Strydom, asook alle ander top-wenners.”

Die geleentheid was die klub se Jaareind- en Prysuitdelingsfunksie. Die res van die toppresteerders was Alida Strydom as Dames Kampioen, Hanco Strydom as Junior Kampioen en Robert Pace as Senior Kampioen. Deon het ook die grootste Kablejou (14.7kg) en die grootste Galjoen (2.6kg) vir die jaar ingeweeg. Ewan Swart het die grootste Steenbras (5.95kg) ingeweeg en Johan de Kock die Swaarste Sak (30.45kg). Hannes Smuts eindig as 2de Algehele Hengelkampioen en Barry Muller as 3de Algehele Hengelkampioen. Barry wen ook die nuwe Blouskuittrofee vir die meeste Galjoen (7) vir die jaar. Hierdie nuwe trofee is die inisiatief van Johan Saayman, ter ere van André Mohr wat vroeër vanjaar oorlede is.

Die nuwe Steenbrastrofee is ook ter ere van André. “GROOT dankie aan al ons borge wat so ruimhartig gegee het en so baie dinge moontlik gemaak het om die gees in die klub te ‘boost’” sê Philip. “Dankie ook aan elke helper, klubpersoneellid, fotograwe (Lisa Muller en Piet Swart), hengelkomiteelede en elkeen wat ‘n rol gespeel het gedurende hierdie ongelooflike lekker en suksesvolle hengeljaar.” Tydens die funksie het die meeste gaste saamgespeel en blou en wit aangetrek vir die tema: “Finding Nemo”, al het ‘n paar ouens hulle Nemo gemis, maar darem hulle meerminne huis toe geneem. Laastens spog Philip so ‘n bietjie met die klub se hengelstatistieke vir die afgelope jaar, “om te wys hoe suksesvol ons was”. In totaal was daar 766 (381 mans, 104 dames, 129 seniors, 19 juniors en 124 besoekers) wat vir hengelkompetisies ingeskryf het. ‘n Totaal van 173 van hierdie hengelaars het vis ingeweeg. Hulle totale aantal spesies het 295 beloop: 147 x Kabeljou, 100 x Galjoen, 10 x Steenbras, 24 x Hottentot en 4 x Elf. Ander spesies (10) het bestaan uit Belman, Kolstert, Jan Bruin, Zebra en Grunter. Die totale gewig vir die jaar was 631.2kg.

“Baie dankie aan Gansbaai Courant vir julle betrokkenheid en gereelde beriggewing en ‘n Geseënde Kersgety en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar word julle toegewens,” sê Philip.

Hardus Botha

Pearly Beach se Hengeltrots

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant