Randall ook in Gansbaai geliefd

Randall ook in Gansbaai geliefd

Gansbaai Courant

“Ek was nog altyd op reis: na mense, dorpe, lande. My kitaar was my paspoort oor vele grense; my woorde die sleutels wat baie deure laat oopswaai het. Daar was ‘n tyd toe ek gedink het die pad sal nooit ophou nie. Maar nou weet ek van beter….” - Randall Charles Wicomb, bekende volksanger, liedjieskrywer en kopersmid, is op 30 Januarie 1949 gebore en op Sondag, 27 Desember 2015 in die ouderdom van 66 jaar in sy huis in Stellenbosch oorlede, ná ‘n lang stryd teen prostaat-kanker.

So min soos 6 maande gelede op 8 Augustus 2015 het ‘n reeds ernstig-siek en maer Randall in die Pretoriussaal tydens die NGK se Vrouediens-byeenkoms opgetree. Hy het opvallend stadig geloop en beweeg, maar met sy kenmerkende sang het niks geskort nie. Hy het besluit op ‘n verskeidenheid van liedjies wat sy volle sangloopbaan weer-spieël het en het die dames behoorlik betower. (Gansbaai Courant, Donderdag, 13 Augustus 2015).

Nog ‘n Gansbaaier, Johan Coetzee van Naledi Uitgewers wat in De Kelders woon, was intens by Randall betrokke. Naledi was die uitgewer van Randall se Outobiografie, Kleur - my Lewe, my Lied (Amos van der Merwe). Die boek is maar onlangs bekendgestel en Randall vertel die volle en ware verhaal van sy lewe vanaf geboorte. Dit beslaan 173 bladsye, plus 24 bladsye (26 hoofstukke) met gekleurde familie- en gesinsfoto’s.

Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beskou en het oor meer as vier dekades grensverskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hulde is van oral oor aan hom gebring.

Hardus Botha

Randall ook in Gansbaai geliefd

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant