Pearly NGK Kerssangdiens

Pearly NGK Kerssangdiens

Gansbaai Courant

 “Die Kerstyding is reeds gebring; geskenke afgelewer en liedjies gesing; gewyde oomblikke bring hulde aan Hom; wat was, wat is, wat weer kom. Die Kerstyding is ons Christusfees; ryk aan gedagtes wanneer ons die verhaal lees; van Hom wat vir die wêreld gebore is; om ons te bevry, te verlos, Ewigheid nie te mis. Die Kerstyding bring ‘n boodskap; vir elkeen wat met Hom ‘n pad wil stap; al is daar distels en dorings in jou pad; Hy sal jou help, jou dra, jou lei na die Hemelstad.” - Die Kerstyding, op haar kenmerkende wyse gelees deur die welbekende Wilna Snyman.

Dit was tydens ‘n puik georganiseerde Kerssangdiens deur Petrus du Preez van Pearly Beach NG-gemeente, bygestaan deur Marie Klaassen. Die program het sonder onderbrekings met gemeentesang, voorlesings, gedig-voorlesings deur Wilna Snyman, video-opnames van gepaste liedere deur onder andere André Rieu en kinders met brandende liggies verloop.

Die knap musiekbegeleier was Annaline Reinke, met Jack White en sy bekende trompetgeskal wat verdere luister aan die optredes verleen het. Petrus self het enkele verse van Welkom o stille nag van vrede gesing. Anita Botha was verantwoordelik vir ‘n prag-versierde kerk, met hulpverlening deur haar staatmakers, Hennie en Magda Swart, met Marie Klaassen wat ook vir puik werk agter die tru-projektor gesorg het.

Die verrigtinge is met Stille nag, Heilige nag afgesluit, met ds Willie Kotze wat ‘n gebed gedoen het en die seëngroet uitgespreek het. Met die uitstap van die gemeente is daar na die welbekende lied, Go tell it on the mountain deur André Rieu se orkes en koor gekyk en geluister.

Hardus Botha

Pearly NGK Kerssangdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant