Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie, met Anje Badenhorst (administrasie) as hul regterhand, is nie verniet op 29 Oktober 2015 as Traveler en Sanlam se Top Destination Awards in die Walled City in Ratanga Junction as algehele wenner aangewys nie.
Tydens die afgelope vakansieseisoen het hulle weer eens gestand gedoen aan hierdie eer wat hulle te beurt geval het. Een daarvan was ‘n suksesvolle 4x4 Dag. Die manne het lekker in die sand en kleigrond gespeel. Hulle was ook bevoorreg om ‘n paar van die Jeepklub se manne hier te kry wat spesiaal vir die dag deurgery het. Hulle Potjiekos Kompetisie was eweneens suksesvol, met die inskrywings wat hulle tot 15 beperk het.
“Verlede jaar se 22 was te veel vir die beoordelaars,” vertel Anje. “Elk van die deelnemende spanne moes potjiekos by hul eie staanplekke maak en dit binne ‘n bepaalde tydsgleuf vir die beoordelaars gereed kry.” Sy sê dit was sommer ‘n groot pretdag.
Drie pryse was op die spel: 1ste prys (R1,000), gewen deur die Island Style span; 2de prys (R750), gewen deur die Kraaie-span; 3de prys (R500), gewen deur die Spice Boys. “Ons kry elke jaar beoordelaars uit ons omgewing,” sê Anje.
Vanjaar was dit Johan Pieterse van Studio Jo-Signs (beoordeel al ‘n paar jaar), Karen de Wet, bekend vir haar spyseniering en Chris van Rensburg van Gansbaai OK Foods. Dan het Kersvader natuurlik ook ‘n draai daar gemaak.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...