Die skipper, die “crew” en hoe dit werk

Die skipper, die “crew” en hoe dit werk

Gansbaai Courant

Welkom in die nuwe jaar! Hoop almal is weer veilig terug en gereed vir die tyd wat voorlê.

Baie mense besef nie dat die kombinasie van skipper/”crew” meer gekompliseerd is as wat dit lyk nie en ‘n verduideliking sal hopelik klarigheid gee. Ons gaan van die verstandhouding uit dat dit die normale bootsituasie is waarvan ons praat. Jy kry ook die skipper wat net by uitsondering see toe gaan en dan mense werf om saam te gaan net om “te help” en dan niks verder van hulle vereis nie. Dis  buitengewone omstandighede en ons laat dit maar daar, hoewel ook hulle wyser sal word om op te let na wat hier bespreek word. Laat ek eers na die kommersiële mense verwys. Daar is nogal verskeie maniere waarop hulle werk maar om te oorvereenvoudig: normaalweg laat die skipper nie sy mense betaal in harde kontant nie. Wat wel gebeur is dat die skipper die aas verskaf en wanneer hulle na die hawe terugkeer word elke manskap se vangs bepaal en gewoonlik word die vis dan verkoop en elke man kry die helfte van die geld waarvoor sy vis verkoop is. Bowendien is elke man gewoonlik geregtig op ‘n “fry” (een vis van sy vangs kom hom toe).

Hierdie is egter reëls wat al ‘n lang pad loop en daar is heelwat variasies daarop. So vereis sommige skippers dat die bemanning eers ‘n aantal vis moet vang voordat hy geregtig is op sy “fry”.  Ook kan daar ‘n ander reëling wees wat die aas betref. Die groot probleem vir die kommersiële skippers is, wanneer bogenoemde reëlings gevolg word die skipper aan die verloorkant is wanneer daar die dag min of geen vis gevang word nie.

Die sport en ontspanning-manne het ander reëlings wat geld. Hulle vis mag nie verkoop word nie en dis logies dat dinge anders sal werk.

Normaalweg word die kostes bereken met die terugkom, gewoonlik wanneer die tenks weer gevul word en die kostes dan verdeel tussen die bemanning. Die skipper sal hom gewoonlik uitsluit hiervan aangesien sy kostes normaalweg bestaan uit instandhoudingsgelde, die boot se jaarlikse nasien en wat daarmee gepaardgaan en somtyds ook gelde wat betaal word met die tewaterlating. Sommige skippers hef ‘n vaste fooi wat  natuurlik die manne dan ook goed voorberei wat kostes betref. Dit bly ‘n groot probleem vir die skipper om kostes te dek en daar is omtrent geen ander uitweg as om van die “crew” te verwag om te help nie. Gewoonlik besef almal hoe dit werk en is daar nie probleme nie. Gewoonlik. Dit is ‘n goeie plan om ‘n nuwe persoon aan boord voor die tyd in te lig oor hoe sake werk sodat hy homself daarvoor kan voorberei. Die dag verloop net beter wanneer almal weet wat is wat  --  en ‘n aangename dag op see waar almal met mekaar klaarkom is ook een van die mees genotvolste gebeurtenisse!

Die geelbekke wat by die Eiland gevang is was ‘n aangename verandering, maar dis baie vroeg of baie laat stories en bowendien moet jy weet hoe dinge werk. Nogtans!

Lekker hengel, Seemeeu

Die skipper, die “crew” en hoe dit werk

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant