R&R Aluminium se nuwe Eienaars

R&R Aluminium se nuwe Eienaars

Gansbaai Courant

Die baie bekende glas- en aluminiumbesigheid van Raymond en Roza Rabe, R&R Aluminium in die Industriële gebied, het ná sowat 17 jaar van eienaars verwissel. Met ingang van 11 Januarie 2016 is die nuwe eienaars (in vennootskap) Heinrich van Rensburg (siviele ingenieur) en Chris Young (siviele ingenieur) van Hermanus.

Heinrich se eggenote, Maryke sal voortaan die ontvangs, administrasie, kwotasies en boekhouding behartig. R&R Aluminium is bekend vir hul stortdeure, vensters, skuifdeure, balkonreëlings, spieëls en glasherstelwerk en hierdie dienste sal deur Heinrich en Chris voortgesit word. Die res van die gesoute personeel, Wilfred, Allister, Amos en Edwell, sal ook steeds daar wees.

Heinrich is ‘n ou bekende sakeman in Gansbaai met sy NKC Builders, waar Chris ook ‘n vennoot is, wat steeds bedryf sal word. “Met my bouwerk sal die oorname van R&R Aluminium van groot waarde wees, aangesien dit relevante en praktiese dienslewering aan kliënte saam met my bouwerk sal wees, ingesluit bykomende behoeftes soos hierbo vermeld,” sê Heinrich. Ná Raymond Rabe se ernstige gesondheids-terugslag, asook Roza se eie gesondheidsprobleme, het die egpaar besluit om ná 17 jaar die tuig finaal neer te lê. (Sien berig op bl 16).

Bestaande kliënte kan kennis neem dat Roza steeds vir ‘n tydperk beskikbaar sal wees vir die afhandeling van ou kontrakte, asook interne opleiding aan die nuwe eienaars. Die twee nuwe eienaars wat vennote in altwee genoemde besighede is, bedryf NKC Builders al vir die afgelope 11 jaar - so lank as wat Heinrich en Maryke Gansbaaiers is. Met twee siviele ingenieurs as eienaars van R&R Aluminium en NKC Builders kan sake en dienste gelewer net goed wees.

Kennis kan geneem word dat die naam R&R Aluminium onveranderd bly, asook die landlynnommer (028-384-0613), die faksnommer (086-296-9393) en die e-posadres (rraluminium@telkomsa.net). Slegs Heinrich se selfoonnommer (082-879-7841) is ‘n nuwe toevoeging tot die kontakbesonderhede.

Hardus Botha

R&R Aluminium se nuwe Eienaars

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant