Nico Nel laat skaterlag tbv HaS

Nico Nel laat skaterlag tbv HaS

Gansbaai Courant

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) het onlangs vir ‘n skaterlag-geleentheid in die Pretoriussaal gesorg met die doel om fondse in te samel. Antoon Reiner het kontak met Nico Nel gemaak, die grapjas van die TV-reekse Spies & Plessis en Maak ‘n Las, wat spontaan aangebied het om gratis tbv HaS op te tree.

Nico het bewys dat die jare wat aanstap geen verskil aan humor maak nie en die gehoor het sonder ophou geskaterlag dat die trane soms geloop het. “Ek moet erken dit is fantasties in Gansbaai en vanaand se gehoor is die beste en mees spontane gehoor voor wie ek nóg opgetree het,” het Nico gesê. Wat besonders was, is dat Nico gratis ten bate van HaS opgetree het en selfs onderneem het om 50% van sy CD-verkope die aand aan HaS te skenk.

Nico se puik staaltjies is afgewissel met eweneens puik optredes deur Chris Meyer se Rummy Cup Orkes, asook Rialet Groenewald se Gansbaai Academia se Marimba Orkes, die bekende Sharimba’s. John van Rooyen, Bestuurder van HaS het reeds maande gelede met wyle Manie Groenewald gereël dat sy boereorkes tydens die aand sou optree. Ná Manie se afsterwe, het Chris Meyer spontaan aangebied dat hulle Rummy Cup Orkes wel sal optree.

Chris het verder gegaan en ook met Rialet Groenewald, ook lid van die orkes, gereël om Gansbaai Academia se Marimba Orkes, die Sharimba’s te laat optree. Die kombinasie van Nico en die twee bekende orkeste in Gansbaai, was uitstekend en die gehoor het sonder twyfel ‘n genotvolle aand ervaar.   

Hardus Botha

Nico Nel laat skaterlag tbv HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant