Rare vis vir Gansbaai

Rare vis vir Gansbaai

Gansbaai Courant

Hennie Groenewald (14), een van die Birkenhead Boothengelklub se juniors, het onlangs ‘n “rare” vis vir hierdie omgewing gevang. Die vis is aan die binnekant van die nuwe hawemuur met ‘n “spinner” (Lepelvormige metaal met ‘n hoek) as aas gevang en het 1.56kg geweeg.  Iemand het vir hom gesê dit is ‘n Greenspot Kingfish, maar dit is onomwonde as ‘n langvin-geelstert of longfin yellowtail (Seriola rivoliana) geïdentifiseer.

Gansbaai Courant het by gesoute hengelaars navraag oor die korrekte spesienaam gedoen. Albert Potgieter se boek, Gids tot Algemene Seevisse van Suider Afrika (Rudi van der Els) het die uitkenning maklik gemaak. Bevestigende antwoorde dat dit nie ‘n Kingfish-spesie is nie, is ook van Phillip Fourie (Voorsitter: Birkenhead Boothengelklub) en Philip Fourie (Kaptein: Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub) ontvang (baie dankie!).

“Hierdie vis kom eintlik slegs vanaf  Knysna Noordwaarts voor, maar met die buitengewone warm water wat onlangs ervaar is, is dit heel moontlik dat dit by uitsondering in ons area kon voorkom,” het Phillip (Birkenhead) gesê. “Dit staan soms bekend as ‘n ‘Almaco Jack’ en is nie ‘n Kingfish nie, aangesien alle Kingfish-spesies prominente dubbel rugvinne het.” Dit is ook deur Philip (Pearly Beach) bevestig. Dit is ook bevestig dat die langvin-geelstert met spinners (lepelvormige metaalkunsaas) gevang word en dit is ook waarmee Hennie sy “rare” vis gevang het.

Opgesomde inligting oor die langvin-geelstert uit bogenoemde boek, dui op die volgende: Die algemene liggaamskleur is silwerig-olyfgroen van bo met ligter sye en bykans ‘n wit penskant. ‘n Duidelike kenmerk is ‘n donkerbaan oor die “skof” soos ‘n nekstreep (wat Hennie se vis ook gehad het). Die vis is in geheel met baie klein skubbe bedek. Dit is ‘n redelik algemene roofvis in tropiese en warm water en is ewe tuis in die oop see as by koraal- en rotsriwwe en maak jag op kleiner vissoorte. Die spesie word meestal met kunsaas wat gesleep word gevang. Die wêreld-hengelrekord is 59.9kg en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 15.8kg.

Hardus Botha

Rare vis vir Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant