Rekordgetal Graad Agts vir 2016

Rekordgetal Graad Agts vir 2016

Gansbaai Courant

Vanjaar spog Academia met ‘n allemintige 270 graad agts. Die eerste week het in ‘n oogknip verbygesnel. Die graad agts het reeds Dinsdag, 12 Januarie by die skool aangesluit. Vanaf Woensdag het hulle ‘n stewige oriëntasie program gevolg. Die leerders is ingelig van die “Sharkie Brand” en tradisies wat die skool in plek het.

Vrydag is ‘n nuwe tradisie begin met ‘n graad agt sportbyeenkoms. Leerders het die kans gehad om aan al die verskillende baan- en velditems deel te neem. Die beste presteerders sal Vrydag, 22 Januarie aan die skool se interhuis-atletiekbyeenkoms deelneem.

Die Vrydagmiddag en -aand was die tradisionele inlywings-seremonie waar die “Nemos” Sharkies word. Tydens die funksie het leerders lekker kaskanades saam met die matriekraad gehad, geleer om in groepe te werk, leierskap bespreek, VRL kandidate genomineer en lekker konsert gehou. Aan die einde van die verrigtinge was die spesiale inlywingsseremonie. Mnr Wilson, prinsipaal, het elke leerder se kersie aangesteek en hulle offisieel as Sharkies ingelyf. Dit was verblydend om te sien hoeveel van die ouers die seremonie bygewoon het. Nou is dit skour aan die wiel en mik vir oor vyf jaar in die matriekklas van 2020.

Liezel Mostert

Rekordgetal Graad Agts vir 2016

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant