Winderige Verootmoedigingsdiens

Winderige Verootmoedigingsdiens

Gansbaai Courant

“Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered word,” lui die boodskap op vanjaar se program vir die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens.

Ondanks ‘n sterk wind tydens die diens op 17 Januarie vanjaar in Gansbaai hawe, was die opkoms deur mense vanuit alle denominasies baie goed. Etlike mense het in hul motors aan die verrigtinge deelgeneem ten einde uit die wind te kom. Soos gebruiklik is daar hartlik aan lofliedere in Afrikaans en Engels saamgesing. Vanjaar se voorsangers en musiekmakers was Mike Schröder, Adri Ehlers, Dirk Büchner en Beryll Coetzer, met Elize Schröder wat die klanksisteem behartig het.

Past Frikkie Zeelie het die verwelkoming behartig en die verrigtinge met gebed geopen. Eerste aan die beurt was Norman Sauls met ‘n Afrikaanse boodskap. Norman het op die pad vorentoe gefokus, met die klem op bekering en vergifnis. Die Engelse boodskap is deur ds Eugene Smith gebring. Sy boodskap het heengewys op “beweging vanaf die sienlike na die onsienlike”. Die voorbeeld wat hy gebruik het was die afwesigheid van vis (sienlike) aan die een kant van die disipels se boot, met die massa vis (onsienlike) aan die anderkant van die boot.

Hierdie jaarlikse twee dienste, die Dankseggingsdiens aan die einde van die jaar en die Verootmoedigingsdiens aan die begin van die jaar, word deur Johan van Dyk gereël, met Gansbaai Marine as die jaarlikse getroue borg daarvan.

Hardus Botha

Winderige Verootmoedigingsdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant