Praktiese sy van Komposisie

Praktiese sy van Komposisie

Gansbaai Courant

Tydens ‘n vorige byeenkoms van Gansbaai Fotografieklub was kunstenaar Niël Jonker van Baardskeerdersbos die gasspreker oor die begrip “komposisie” (ordening van losstaande dele tot ‘n eenheid). Vanuit ‘n skilder se perspektief teenoor die fotograaf se perspektief het hy die volgende besonderse opmerking gemaak: “Die ooreenkoms tussen komposisie vir die kunstenaar en dié van ‘n fotograaf, is merkwaardig. As voorbeeld kan ek noem dat, wanneer ek iets oor skilder wil leer, besoek ek die biblioteek se fotografie-afdeling.” Hy het ook gesê dit is moeilik om komposisie te verwoord, maar dit kom neer op die verhouding tussen die kunstenaar of fotograaf met sy onmiddelike omgewing.

Hierdie stelling is juis deur voorsitter Riaan Jacobs tydens ‘n onlangse byeenkoms te Groeneweide Kwekery beklemtoon. Riaan het ‘n “blitskursus” oor die benadering tot die praktiese sy van komposisie deur die fotograaf aangebied. Ondanks ‘n “blitskursus”, het Riaan hom goed van sy taak gekwyt en die belangrikste punte vir komposisie uitgelig. Hy het veral klem gelê op die benutting van die “een derde reël” en waar die fokuspunt van die onderwerp moet of kan wees. Daarna het die pret begin met die praktiese uitvoering van Riaan se kort opsomming. Fotograwe met kamera’s, driepote en nog meer het Groeneweide se tuinareas behoorlik oorgeneem - hetsy staande, hurkende, sittende of plat op die maag. Dit was die hoofdoel van die byeenkoms - om ‘n pret-praktiese byeenkoms daarvan te maak.

Die foto’s sal tydens die volgende byeenkoms saamgebring word sodat almal na almal se “komposisie-gefokusde” foto’s kan kyk. Gansbaai Fotografieklub se eerste byeenkoms te Groeneweid Kwekery het goed afgeskop en kennis kan geneem word dat alle byeenkomste voortaan daar sal plaasvind. Dit vind op die 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 plaas.

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Verdere inligting kan op die klub se webtuiste, www.gbpc.co.za gekry word.

Hardus Botha

Praktiese sy van Komposisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant