R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die moordaanval Sondagoggend om 2vm op die voertuig waarin die waarnemende bevelvoerder van die polisiekantoor op Hermanus en nog 3 insittendes was, was na bewering nie op hulle gemik nie, maar net op die bestuurder. Lt kol Rounita Burgess (48) is 2 keer in die kop geskiet en haar dogter, Randy Burgess (19) en ‘n familievriend, Rudi Salo (45) is doodgeskiet. Randy is in die gesig geskiet en Rudi in die arm en rug. Die bestuurder, Lynden Julies (34), is in die hand en kuit gewond. Die aanval het sowat ‘n kilometer vanaf die kampeerterrein van die Steppies Rally-motorfietsbyeenkoms op die hoek van Marineweg en Vleilaan in Hawston plaasgevind. Die motor is glo deur ‘n man voorgelê en daar is na bewering eers op Julies geskiet voordat die ander van agter getref is.
Aanvanklik is ‘n 26-jarige man, wat ‘n kind by Randy se tweelingsuster het, vir die aanval gearresteer. Hy moes Dinsdag in die Hermanushof verskyn, maar die polisie het hom vrygelaat weens ‘n gebrek aan genoegsame getuienis. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Lt Kol Traut, was die verdagte gearresteer op die basis van ‘n dreigement wat hy gemaak het. Die verdagte het na bewering vroeër na ‘n argument, vir Rudi gesê: ”Vanaand maak ek jou dood.” Die saak is uitgestel vir die forensiese- laboratoriumverslag en die ondersoek duur voort.
Volgens bronne word daar beweer dat 'n onbekende man een van Burgess se dogters gedreig het om haar hele familie uit te moor. Die man het glo in sabelataal (tronktaal) gesê ”Vanaand gaan jy, jou ma en pa en susters val.”
Burgess veg steeds in ‘n Kaapse hospitaal om haar lewe en haar toestand is ernstig, maar stabiel. Haar dogter, Randy se begrafnis vind op Saterdag, 13 Februarie om 9.30 by die St Andrews Anglikaanse kerk plaas. Motorfietsryers beplan om van Rudi op ‘n ware motorfietsstyl met ‘n prosessie waartydens ‘n t-hemp met Rudi se gesig daarop, gedra sal word, afskeid te neem. ’n Spesiale lykswa sal deur ‘n driewielmotorfiets gesleep word. Sy roudiens is Saterdag om 11vm by die Tsusongsaal.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.