Verkeer arresteer haarkapster onregmatig

Verkeer arresteer haarkapster onregmatig

Gansbaai Courant

Rompslomp en swak kommunikasie het daartoe gelei dat Corinne Swart van Hair for U vir 'n verkeersoortreding gearresteer en na Hermanus Munisipiale Hof geneem is.

Sy is op 21 September 2015 tydens 'n roetine ondersoek deur verkeersbeamptes by die De Kelders afdraai op die R43 afgetrek. Daar is gevind dat haar bestuurslisensie op 19 September verval het. Sy is 'n boete van R1000 opgelê maar as sy voor 2 November aansoek sou doen vir 'n hernuwing en die verminderde boete van R500 betaal sou alles afgehandel wees. "Ek het op 2 November die boete by Gansbaai Munisipaliteits kantore betaal en 'n kwitansie ontvang. Op 21 Februarie 2016 het my ma my egter geskakel en gesê daar is 'n wetstoepasser by haar huis in Frankenstraat. Ek bly net langsaan. Die man het 'n lasbrief vir my inhegtenisname vir minagting van die hof gehad." Corinne het vir hom gesê dat sy reeds betaal het en 'n kwitansie ontvang het en dat sy dit net gou moet soek. "Hy het egter gesê hy het nie tyd om vir my te wag om dit te soek nie. Hy moet nog gaan honde waaroor mense gekla het, gaan oplaai. Hy weier toe om te loop voordat ek 'n brief van skulderkenning teken waarin daar gestaan het dat ek op 24 Februarie in die Munisipale Hof in Hermanus moet verskyn. Hy beveel toe ook aan dat ek die betalingsbewys en sy brief aan die munisipaliteit moet toon." Sy het dit gedoen en daar is gevind dat die klerk die R500 boetegeld in 'n verkeerde rekening inbetaal het. Die klerk het toe die verkeersafdeling in Hermanus geskakel en daar is ooreengekom dat die probleem uitgesorteer sou word. "Ek is toe meegedeel dat ek nie meer op 24 Februarie in die hof hoef te verskyn nie.

Op 3 Maart was die wetstoepassers weer daar en het amper my 81-jarige ma, wat net langs my bly, gearresteer. Ek vra toe waarvoor hulle haar wil arresteer waarop die vroulike verkeersbeampte antwoord: "vir die bestuur van 'n voertuig sonder 'n geldige rybewys." Met ander woorde: "Julle soek Mev Swart – dit is nou ek daai."

Volgens Corinne het hul nie belang gestel in haar kwitansie nie en gesê sy moet dit maar vir die magistraat gaan wys. Daar was 'n magdom van verkeers- en wetstoepassers voertuie in die straat en ek is gedwing om in een van hul voertuie te klim. Corinne het haar ma gevra om vir die klerk by wie sy die kwitansie gekry het te bel. "By die hof het amptenare my buite ingewag en om verskoning gevra en haar teruggeneem huis toe. Ek het gevra wie moet ek dagvaar waarop hulle gesê het die verkeersdepartement. Die hof het my kort gelede gebel om my op hoogte te hou oor verwikkelinge. Hulle ondersoek glo die saak en is besig met dissiplinêre stappe," het Corinne gesê.

Francois de Jongh

Verkeer arresteer haarkapster onregmatig

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant